Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Place Boutique Guesthouse

Gastehuis
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Presidentstraat 53, Parys, 9585, Vrystaat
  • Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

The Place Boutique Guesthouse is in Parys in die Noord-Vrystaat. Dit is net 10 m van die oewer van die magtige Vaalrivier af, oorkant die Parys Gholflandgoed.

Die gastehuis is 'n kombinasie van outydse sjarme met houtvloere en staal plafonne. Dit bied moderne geriewe en bekoor met unieke, oorspronklike kunswerke binne en buite.

Die gastehuis bied verblyf aan 10 gaste in 5 eksklusiewe, unieke en suite-kamers met gehaltelinne. Elke kamer is geskik vir 2 gaste. Die kamer het tee- en koffiemaakgeriewe, en 'n platskerm-TV met OpenView-kanale. Daar is 3 gemeenskaplike sitareas met gemaklike sitplek en 'n TV met DStv.

Gaste word bederf met japonne in die kamers en ander geriewe sluit 'n haardroër, oorgenoeg handdoeke in die badkamer en swemhanddoeke in. Al die kamers het elektriese komberse, verwarmers en plafonwaaiers.

Daar is verskeie sitareas in die huis, op die stoep en in die tuinarea. Die gastehuis het 'n lekker sondek met asemrowende uitsigte oor die Vaalrivier.

Daar is 'n gemeenskaplike, sonverhitte swembad.

Die gastehuis het ook geriewe vir klein troues, verjaarsdae en ander geleenthede.

Daar is veilige parkeerplek, gratis WiFi en 12 000 liter skoon water.

Die gastehuis is naby verskeie besienswaardighede, winkels, kunsgalerye, restaurante en antiekwinkels. Parys bied verskeie aktiwiteite soos stap, 4x4-roetes, wildritte, abseil, riviervlotvaart, voëlkyk, gholf, kabelgly, valskermspring, 4x4-motorfietse, perdry, bergfietsry, lugballonvaarte, staproetes en visvang.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Mooi uitsig
Vervoerdienste

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 35 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Lizelle J
Saam met lewensmaat
5.0
Home away from home. We (2 adults and our 2 doggies) enjoyed our weekend stay at The Place a lot. Rooms are clean and comfortable. The ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024
Schalk R
Gesin met tieners
5.0
Amazing and welcoming. Hi, my stay at the Place Boutique Guesthouse was amazing. They are amazing and they go the extra mile. I will be...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024
Karen D
Saam met lewensmaat
5.0
Eersteklasbederf in 'n pragplek! Absolute bederf! Die gasvryheid en geriewe is voorwaar ongekend teen hierdie prys! Daniel is 'n raakvatter wat jou da...
Sien meer
Okt 2024
Ilze L
5.0
Sorgsame gasvryheid, heerlike ontbyt en 'n uitstekende ligging en veiligheid. 'n Lafenis vir die siel en liggaam! Vanaf die intrapslag het Daniel en M...
Sien meer
Jun 2024
Christa S
Besigheidsreis
5.0
Vrystaat elegansie. Gasvryheid uit die boonste rakke. Niks was te veel gevra nie.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Daniel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 35

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Presidentstraat 53, Parys, 9585, Vrystaat
  • Gaste dink The Place Boutique Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Presidentstraat 53, Parys, 9585, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf7abd6fdaa9d8bffd1b916fafc9578606e1b50846de10d7d6c60628b56b80ed72dd2ea28cbdb6d9625fbaed5b3aaee49eba3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2) 35 5 1 5 53 President Street Parys 9585 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.89520086213 27.457784196006

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang