Red Rock Cottage
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ockertskraal-plaas, 30 km vanaf Ladismith, 6655, Wes-Kaap
- Vanaf R1 700 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Red Rock Cottage is op 'n plaas aan die einde van 'n privaat pad in 'n pragtige, veilige en afgesonderde vallei in die Klein Karoo tussen Ladismith en Riversdal geleë. Dit is ideaal vir 'n gesinswegbreek, want hierdie kothuis spog met 'n plonspoel.
Die kothuis bied slaapplek aan 6 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste en tweede slaapkamers het elk 'n dubbelbed en 'n enkelslaapbank. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die eerste slaapkamer het sy eie kaggel en 'n klein, privaat stoep.
Die oopplan-leefarea bestaan uit 'n kombuis wat met 'n yskas, oond en 'n stoof toegerus is, asook 'n eetarea en 'n sitarea waar die rusbanke 2 ekstra kinders kan akkommodeer. Stoepdeure lei na 'n stoep met braaigeriewe en 'n ononderbroke uitsig oor die omliggende veld en heuwels.
Die plaas se bekende, varsgebakte olyf- en roosmarynbrood is altyd beskikbaar om te bestel. Gaste kan gerus hulle bergfietse saambring om die omgewing en die wonderlike, unieke landskapkenmerke op die plaas te verken, insluitend die mini-valleie, droë rivierbeddings, fossiele en vreemde vetplante.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
1 x Enkelslaapbank
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
1 x Enkelslaapbank
Stort, Toilet
Leefarea
2 x Kinderbank vir 1
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
- Patio
- Privaat ingang
- Privaat swembad
Badkamer
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Kaggel
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Oond
- Stoof
Ekstras
- Tee en koffie skinkbord
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Lizelle Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 66
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Ockertskraal-plaas, 30 km vanaf Ladismith, 6655, Wes-Kaap
- Gaste dink Red Rock Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Kaapse Roete 62 Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ockertskraal-plaas, 30 km vanaf Ladismith, 6655, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang