Yellowwood Accommodation
Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
-
Kapasiteit: 3 persone
2 volwassenes, 1 baba - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Van Niekerkstraat 18, Bendor Park, Polokwane, 0699, Limpopo
-
Vanaf
R1 235R1 112 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Yellowwood Accommodation is 'n knus selfsorg-eenheid met 'n privaat ingang op die eienaar se perseel in Bendor Park. Dit is ideaal vir 'n sakereisiger wat gerieflike verblyf soek of 'n paartjie wat 'n romantiese wegbreek soek.
Die eenheid bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, spieëltafel en 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n klerekas vir pakplek, en linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n vierplaatgasstoof, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei, breekware en 'n yskas-vrieskas toegerus. In die leefarea is daar 'n gemaklike rusbank, TV, gratis WiFi en 'n lessenaar vir skootrekenaars.
Buite is daar 'n stoep met sitplek, asook veilige parkeerplek agter 'n hek. Die eenheid is gerieflik naby restaurante, vulstasies, wasserye en winkelsentrums geleë, en daarom 'n ideale basis om Polokwane te verken.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
1 x Kinderbedjie
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Van Niekerkstraat 18, Bendor Park, Polokwane, 0699, Limpopo
-
Kapasiteit: 3 persone
2 volwassenes, 1 baba - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Van Niekerkstraat 18, Bendor Park, Polokwane, 0699, Limpopo