Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Rainbow House

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders onder 2
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Visarend 130, Meerenbosch, Fisherhaven, 9977, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 900 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

The Rainbow House is ’n dubbelverdieping-selfsorghouthuis tussen bome in die veilige Meerenbosch-landgoed, naby die Botrivier-strandmeer. Die huis is 20 minute se ry vanaf Hermanus se middestad en 1 uur en 20 minute se ry vanaf Kaapstad.

Hierdie houthuisie skuil tussen melkhoutbome en bied ’n gevoel van privaatheid. Die houthuis bied verblyf aan tot 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en ’n oopplan-kombuis en -sitarea. Die eerste slaapkamer is op die onderste verdieping en het ’n koningingrootte-bed. Die tweede en derde slaapkamers is op die boonste verdieping. Die tweede slaapkamer het ’n dubbelbed. Die derde slaapkamer het ’n koningingrootte-bed, sowel as skuifdeure wat na die balkon met 'n spa-bad op die boonste verdieping lei. Elke badkamer het ’n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is met ’n mini-stoof met 2 plate, ’n oond, ’n yskas-vrieskas, mikrogolfoond en ketel toegerus. Daar is ’n toonbank met 2 stoeltjies. Die sitkamer het ’n TV en die sitarea lei na ’n stoep met sitplekke en ’n etenstafel met stoele. Daar is ’n lieflike braai-area onder bome wat skadu bied, sowel as ’n hangmat.

Gaste kan voëlkyk en wilde perde sien. Daar is ’n seiljagklub en gaste kan walviskyk en haaihok-duik. Hierdie spasie is ideaal vir avontuurlustige gesinne wat wil wegkom vanaf die daaglikse gejaag. Gaste kan visvang en kanoe. Hierdie is ’n vakansiebestemming wat fokus op die natuur, so gaste kan hul fietse en kinders se speelgoed saambring en die eiendom verken.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 4 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Spa-bad

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Mooi uitsig
Grondpad
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
Kaggel
Braai
Warmbad

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 28 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Michaelynn A
Gesin met klein kinders
5.0
Peaceful and bliss. Absolutely amazing.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Francois D
Saam met vriende
5.0
It's a nice quiet getaway with some friends and family. It's a very comfortable little home with a lot of features. We really enjoyed t...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2024
Skyla A
Saam met vriende
5.0
Such an amazing place to stay in! The place was absolutely beautiful and Candace responded quickly if we had any concerns. I would defi...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024
Maureen C
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent. Our stay was very relaxing, just what we needed.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2024
Nasreen A
Gesin met tieners
5.0
A home away from home! The Rainbow House was a peaceful getaway from the city buzz. It had everything we needed, clean and safe. The ho...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Candace Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 28

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Visarend 130, Meerenbosch, Fisherhaven, 9977, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Rainbow House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 900
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 1 900
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Geen kinders onder 2
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Visarend 130, Meerenbosch, Fisherhaven, 9977, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0c0441eccfca8244c11716b6e84c7747bee4af1c19930eaf35792b24442a055826c6e3385a48a442df4e82d4e879cb34722f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 900 per nag (plek vir 6) 28 5 1 5 130 Visarend Meerenbosch 9977 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -34.364814 19.107638

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang