The Ranch Guesthouse
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Erika Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 61
Op LekkeSlaap 4 jaar
Opsomming van Resensie
Trudie D - Okt 2024
Algehele gradering
Fantasties!
Richard M - Okt 2024
Algehele gradering
Bitter skoon en netjies, puik!
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Beste Richard
Baie dankie vir jou resensie. Dit was ongelooflik heerlik om julle te ontmoet en so vinnig oor 'n koppie koffie te kon gesels. Hoop julle het reggekom met jul soektog vir sussa se woonstel vir volgende jaar. Sien uit om julle weer by ons te verwelkom.
Ranch groete
Brent en Erika
Martie M - Sep 2024
Algehele gradering
Pragtige plek. Vriendelike en behulpsame gasvrou. Lieflike atmosfeer.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Goeie middag Martie
Baie dankie vir jou resensie. Dit was heerlik om julle tydens Aardklop by ons te verwelkom. Wens ons het meer tyd gehad om van julle opwindende vertonings te hoor, maar julle skedule was omtrent vol! Ons sien uit om julle volgende jaar weer by ons te verwelkom.
Ranch groete
Brent en Erika
Gerrit E - Aug 2024
Algehele gradering
Skoon, netjies, veilig en mooi kamers. Alles in plek!
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Beste Gerrit
Baie dankie vir jou resensie. Dit was heerlik om jou vrou en pragtige dogter by ons te huisves. Baie geluk ook met haar nuwe titel! Julle kan sowaar trots wees op haar. Hoop om julle weer by ons te huisves in die nabye toekoms.
Ranch groete
Brent en Erika
Jaco V - Aug 2024
Algehele gradering
Ongelooflik soos altyd.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Goeie middag Jaco
Baie dankie vir jou resensie, ons waardeer dit opreg. Dit was wonderlik om julle weer te sien. Ons oggend geselsies om die ontbyt tafel was heerlik en ons wens julle kon nog kuier, maar realiteit en werk kom maar altyd eerste.
Tot julle volgende kuiertjie...
Ranch groete
Brent en Erika
Sarie L - Jul 2024
Algehele gradering
Skoon en netjies.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Beste Sarie
Baie dankie vir jou resensie. Dit was heerlik om julle as familie te ontmoet. Ons hoop dit het goed gegaan met Dian se boogskiet kompetisie en hoop om julle weer by ons te huisves.
Ranch groete
Brent en Erika
Tanya D - Jun 2024
Algehele gradering
Lovely place to stay, inviting and comfortable.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Dear Tanya,
Thank you for your kind review. It was a pleasure meeting your family. Wish we had more time to chat, but we know that your programme was packed.
Warm ranch regards,
Brent and Erika
Celesté H - Mei 2024
Algehele gradering
Welcoming & friendly.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Dear Celeste,
Thank you for your kind review. It was such a pleasure meeting your business group, young and vibrant. Looking forward to welcoming you back.
Warm Ranch regards,
Brent and Erika Smith
Hermann A - Apr 2024
Algehele gradering
Lekke verblyf gewees.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Beste Hermann, baie dankie vir jou resensie. Dit was heerlik om jou pragtige familie te ontmoet. Jammer die kuiertjie was so kort en ons geselstyd so min. Hoop om julle weer by ons te verwelkom. Ranch groete.
Brent C - Mrt 2024
Algehele gradering
Great stay and super helpful!
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Dear Brent,
Thank you for your kind review. It was a pleasure meeting you and an absolute pleasure assisting you with your car ordeal. Hope to see you in the near future.
Warm Ranch regards
Stan M - Feb 2024
Algehele gradering
Lieflike atmosfeer in Potchefstroom.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Beste Stan
Baie dankie vir jou resensie, ons waardeer dit opreg. Dit was heerlik om jou vriendekring en dogter te ontmoet. Ons het jul vinnige oggend geselsies geniet, ten spyte van jul vol program. Alle sterkte met die komende week. Sien uit om julle weer by ons te verwelkom.
Ranch groete
Brent en Erika
Theo V - Feb 2024
Algehele gradering
10 uit 10 sal enige tyd aanbeveel.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Goeie middag Theo, baie dankie vir jou resensie. Was heerlik om julle by ons te huisves en bietjie meer te leer van jul interessante werk. Sien uit om julle weer by ons te verwelkom.
Ranch groete
Brent en Erika
Sheldon B - Feb 2024
Algehele gradering
Kliëntediens is puik, my kuier was die moeite werd.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Beste Sheldon, baie dankie vir jou resensie. Dit was heerlik om so 'n oulike jong man by ons te kon huisves wat so skoon en netjies was. Ons hou vir jou al ons duime vas met jou uitslae en wens jou net die beste toe vir jou toekoms. Hopelik sien ons mekaar weer iewers in die nabye toekoms.
Ranch groete
Brent en Erika
Louis V - Jan 2024
Algehele gradering
Netjies, skoon en baie goeie diens,.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Goeie dag Louis
Baie dankie vir jou resensie, dit was heerlik om jou te ontmoet en van jou interessante sport te hoor. Ons sien jou binnekort weer en dan knyp ons weer 'n tydjie af om te gesels.
Ranch groete
Johan M - Sep 2024
Algehele gradering
Bly daar is soos om by jou eie huis te wees. Kuier by jou eie huis.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Beste Johan
Baie dankie vir jou resensie. Dit was heerlik om julle by ons tydens Aardklop te huisves en van al julle interessante shows te hoor. Hoop ons het volgende keer meer tyd om te gesels as julle weer by ons kom inloer.
Ranch groete
Brent en Erika
Alta L - Mei 2024
Algehele gradering
Gerieflik en stylvol.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Beste Alta
Baie dankie vir jou resensie. Dit is heerlik om te hoor dat julle julle verblyf by ons so geniet het. Wens ons het langer tyd gehad om te gesels, maar julle vroeë oggende vir Nampo het die geselsies in die wiele gery. Alle sterkte met julle eie gastehuis in Struisbaai en hoop om julle weer by ons te huisves.
Ranch groete
Brent en Erika
Lambert P - Mrt 2024
Algehele gradering
Skoon, netjies, nice, vriendelik en bekostigbaar.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Beste Lambert
Baie dankie vir jou resensie. Dit was heerlik om jou te ontmoet. Wens ons kon nog meer gesels, maar julle program was so vol met al die reelings wat nog gedoen moes word voor die troue. Ons hoop om jou weer by ons te verwelkom en sterkte vir die res van jou week.
Ranch groete
Brent en Erika
Marsha W - Feb 2024
Algehele gradering
Ongelooflik lekker verblyf!
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Beste Marsha, baie dankie vir die resensie. Was heerlik om jou te kon ontmoet. Alle sterkte met die herstelproses en hoop om jou weer in die toekoms by ons te kan huisves.
Ranch groete
Brent en Erika
Karin V - Mei 2024
Algehele gradering
Baie goed.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Goeie middag Karin
Baie dankie vir jou resensie. Ons is bly dat julle lekker by ons gekuier het, al was dit so kort.
Groete
Brent en Erika
Anelia K - Nov 2023
Algehele gradering
'n Aangename ervaring.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Beste Anelia
Baie dankie vir jou resensie. Dit verbly ons altyd as ons gaste hul verblyf by ons geniet. Ons wense vir jou is 'n Geseënde Feesseisoen saam met familie en vriende en as jy weg gaan, kom veilig tuis.
Beste wense
Brent en Erika Smith
Tshegofatso K - Okt 2023
Algehele gradering
Excellent.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Dear Tshegofatso and family
What a great honor meeting such a beautiful inspiring family! Once again a big congrats on your Twins stunning performance at the TOP 30 Athletics meeting. We are definitely looking forward to welcoming you back for the next big meeting. Best of luck with the Twins academics for the rest of 2023.
Warm Ranch regards
Brent and Erika Smith
Christine S - Okt 2023
Algehele gradering
Heerlik.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Goeie middag Christine
Baie dankie vir jou resensie. Dit was heerlik om julle by ons te verwelkom en hoop om julle weer te sien.
Ranch groete
Brent en Erika Smith
Hanlie B - Okt 2023
Algehele gradering
Hartlike gasvryheid en persoonlike aandag maak die verblyf spesiaal.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Liewe Hanlie
Baie dankie vir jou resensie. Dit was heerlik om julle familie groep hier by ons te kon huisves tydens Aardklop. Julle oggend geselsies van al jul pragtige en seldsame aankope was heerlik om te hoor. Alle sterkte met die res van die jaar en hoop om DV julle weer vir Aardklop by ons te huisves.
Ranch groete
Brent en Erika Smith
Annalize O - Sep 2023
Algehele gradering
Was fantasties!
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Beste Annalize, baie dankie vir jou resensie. Was heerlik om julle te ontmoet inkluis jul pragtige honde kinders. Ons sien uit na jul volgende besoek. Sterkte met die Top 30 atletiek!
Ranch groete
Brent en Erika Smith
Shanine M - Aug 2023
Algehele gradering
Pragtige gastehuis en wonderlike diens. Baie dankie vir 'n 5 ster ervaring.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Liewe Shanine
Baie dankie vir jou resensie, ons waardeer dit opreg. Baie dankie vir die heerlike geselsies onder die Lapa, was ´n voorreg om jul as gesin te ontmoet. Alle sterkte met al jou verpligtinge en jy is voorwaar ´n formidabele vrou. Stuur asseblief groete vir manlief en jou pragtige dogters.
Warm Ranch groete
Brent en Erika Smith
Adele S - Jun 2023
Algehele gradering
Fantasties, vriendelik, pragtig en prettig!
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Beste Adele
Baie dankie vir jou resensie. Dit was heerlik om julle te ontmoet en dit is nog lekkerder om te hoor dat julle ons gastehuis se fasiliteite en tuin geniet het.
Sien uit om julle weer in die nabye toekoms by ons te verwelkom.
Warm Ranch groete
Brent en Erika Smith
Antoinette B - Mei 2023
Algehele gradering
Vriendelik en flinke diens.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Beste Antoinette
Baie dankie vir jou resensie, ons waardeer dit opreg. Dit was heerlik om julle by ons te kon verwelkom en in die kinders se opgewondenheid te kon deel van die Pukke opedag. Hoop julle het die dag terdee geniet en dat sussa nou ´n beter idee het van haar toekomsplanne.
Sterkte met die res van die matriek jaar en sien julle hopelik weer in die nabye toekoms.
Ranch groete
Brent en Erika Smith
Chantelle V - Mei 2023
Algehele gradering
Rustig en gerieflik.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Goeie more Chantelle
Baie dankie vir jou vriendelike resensie. Dit is heerlik om te hoor dat julle ons fasiliteite geniet het. Ons hoop om julle weer in die toekoms by ons te huisves.
Sterkte vir die res van die jaar
Ranch groete
Brent en Erika Smith
Etienne V - Mei 2023
Algehele gradering
Stunning.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Beste Etienne
Baie dankie vir jou resensie! Sjoe dit maak ons so bly om te hoor dat julle ons fasiliteite en ontbyt so geniet het. Ons sien uit om julle weer by ons te verwelkom en dan weer lekker om die ontbyt tafel te sit en gesels.
Sterkte vir die week
Groete
Brent en Erika Smith
Wian V - Apr 2023
Algehele gradering
Vriendelike en warm atmosfeer.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Beste Wian
Baie dankie vir jou resensie, dit verbly ons om te hoor dat jy jou kuiertjie by ons geniet het - jong manne hou mos van vinnige Wifi, lekker TV geriewe met Netflix, Disney +, Paramount, HBO, Apple en Hulu en dan ook die ontbyt opsie wat jy hier bestel het.
Alle sterkte met jou week en ons hoop om jou in die nabye toekoms weer te sien.
Warm Ranch groete
Brent en Erika Smith
Claudia A - Apr 2023
Algehele gradering
Awesomeness.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Beste Claudia
Baie dankie vir jou resensie, so bly om te hoor dat jy jou verblyf by ons geniet het. Nog lekkerder was om te hoor van jou ongelooflike werk met die renoster wesies. Ons haal ons hoed vir jou af vir die besonderse werk/liefde wat jy doen.
Alle sterkte met die komende week en hoop om jou weer by ons te verwelkom.
Ranch groete
Brent en Erika Smith
Ferdi B - Apr 2023
Algehele gradering
Heerlik en gasvry.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Beste Ferdi
Baie dankie vir jou resensie. Ons waardeer julle terugvoer. Dit verbly ons om te hoor dat julle ons fassiliteite en ontbyt geniet het.
Ons hoop om julle weer in die nabye toekoms te sien.
Ranch groete
Brent en Erika
Ilze V - Mrt 2023
Algehele gradering
Fantasties!
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Beste Ilze
Baie dankie vir jou resensie, ons waardeer dit opreg. Dit was ongelooflik lekker om julle te kon ontmoet en weereens baie geluk met jou seun se gradeplegtigheid. Jammer ons kuier tydjie was so kort, sou nog boekdele wou gesels! Sterkte met die res van die jaar en hopelik sal ons iewers in die toekoms mekaar weer sien.
Groete
Brent en Erika Smith
Elsie C - Mrt 2023
Algehele gradering
Hartlikste ontvangs en onmiddellik tuis gevoel!
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Beste Elsie
Baie dankie vir jul resensie. Dit was so heerlik om julle by ons te verwelkom. Elsie dit was een groot plesier om vir Mixi ook by ons te verwelkom. Sy is die soetste, liefste klein hondjie wat ons in ´n langtyd by ons gehuisves het. Dit was heerlik om te hoor van jou Alabama reunie.
Baie liefdegroete
Brent en Erika Smith
Annatjie N - Mrt 2023
Algehele gradering
Fantasties!
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Liefste Annatjie
Baie dankie vir jou resensie, sjoe wat ´n voorreg was dit nie om jou te kon ontmoet. Dankie vir die lekker geselsies om die ontbyt tafel en sterkte met die res van die jaar.
Warm Ranch groete
Brent en Erika Smith
Danielle V - Mrt 2023
Algehele gradering
Wonderlike gasvryheid.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Beste Jaco en Danielle
Baie dankie vir julle resensie, dit was heerlik om in die kort geselsies meer van julle ongelooflike nuwe produk te leer. Alle sterkte met julle besigheid en ons hoop om julle weer te sien.
Warme Ranch groete,
Brent en Erika Smith
Gerrit E - Feb 2023
Algehele gradering
Netjies, gerieflik!
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Beste Gerrit
Baie dankie vir jou resensie. Ons is verheug om te hoor dat julle jul verblyf by ons geniet het. Hoop Owen se NW gala het goed afgeloop ten spyte van die koue weer. Ons sien uit om julle weer by ons te verwelkom.
Vriendelike groete, Brent en Erika Smith.
Nadine L - Jan 2023
Algehele gradering
Lieflike gastehuis!
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Beste Nadine, Daan en die pragtige miniatuur Schnauzer Zouli
Baie dankie vir jul resensie, dit was so aangenaam om julle te ontmoet en natuurlik ook vir kleine Zouli. Hoop julle het ´n wonderlike week en indien jul weggaan vir Paasnaweek, veilige reis.
Baie groete
Brent en Erika Smith
Hermanus D - Jan 2023
Algehele gradering
Fantastiese verblyfervaring by The Ranch Guesthouse.
Lees meerThe Ranch Guesthouse se terugvoer
Beste Herman en Mari, baie dankie vir jul resensie! Weereens was dit ´n voorreg om jul by ons te huisves en saammet julle te kon kuier. Herman, ook baie geluk met jou SA Powerlifting uitslae en ons sien uit om julle weer in Maart by ons te huisves vir die volgende kompetisie.
Warm Ranch groete
Brent en Erika Smith
Noelene V - Aug 2023
Algehele gradering
Sal weer inloer!
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Goeie naand Noelene
Baie dankie vir jou resensie. Dit was heerlik om te kon deel in jul spesiale Ma en Dogter naweek. Wens ons het meer tyd gehad vir gesels, maar jul program was so vol, en julle het dit duidelik baie geniet. Sterkte vir die res van die jaar en hoop om julle weer in die toekoms te sien.
Vriendelike Ranch groete
Brent en Erika Smith
Sarah T - Apr 2023
Algehele gradering
Friendly and welcoming.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Dear Sarah,
Thank you kindly for your kind review. It was great meeting you and your whole family. I hope the family from Australia is safely back home. Regards to the rest of your family at home, and stay safe and warm.
Kind regards,
Brent and Erika Smith
Shayne T - Apr 2023
Algehele gradering
Absolutly top class.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Dear Shayne
Thank you kindly for your review. It was a great pleasure meeting you and once again congratulations on your daughters graduation.
Kind regards
Brent and Erika Smith
Mieke O - Mrt 2023
Algehele gradering
Home away from home.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Dear Mieke,
Thank you for your kind review. It was great hosting you and Vish. I hope you had a great ride back on your bikes with no rain unlike when you arrived. Best of luck with your week ahead.
Warm Ranch regards
Brent and Erika Smith
Vicus M - Jul 2023
Algehele gradering
Baie tevrede en sal weer by hulle bly.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Goeiemiddag Vicus
Baie dankie vir jou resensie. Was heerlik om julle te ontmoet en meer te hoor van jul seun se krieket. Alle sterkte vir die res van sy akademiese jaar.
Ranch groete
Brent en Erika
Marinus V - Feb 2023
Algehele gradering
Heerlik, gemaklik en goeie diens.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Goeiedag Marinus
Baie dankie vir jou resensie. Dit was heerlik om jou te ontmoet en ons is verheug dat jy ons fasiliteite geniet het.
Groete
Brent en Erika Smith
Danielle J - Mrt 2023
Algehele gradering
Perfect.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Beste Danielle
Dankie vir jou resensie. Jammer om te hoor dat ons CCTV monitering, Veiligheidshek en Maxidor veiligheidshek by kamers julle nie laat veilig voel het nie. Ons het nog geen insidente gehad waar daar by voertuie ingebreek of gaste onveilig gevoel het nie. Ons gaste ondervind geen beurtkrag nie te danke aan ons solar en inverter sisteme wat 24/7 in plek is, so ons veiligheids sisteme is nooit af nie.
Sterkte met jou studies en hoop om julle volgende jaar weer by die Jool te sien.
Vriendelike groete
Brent en Erika Smith
Liesl B - Apr 2023
Algehele gradering
Alles wat jy nodig het.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Goeie more Liesl
Dankie vir jou resensie. Was heerlik om vir jou en jou dogter by ons te kon huisves en julle na ure te kon akkommodeer met julle inboek versoek. Sien uit om julle weer in die toekoms by ons te huisves.
Groete
Brent en Erika Smith
Thelana V - Des 2022
Algehele gradering
Ons bespreek graag weer.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Goeiedag Thelana,baie dankie vir jou resensie. Ons is verheug om te hoor dat julle jul verblyf by ons so geniet het en van al ons fassiliteite kon gebruik maak tydens beurtkrag. Gaste se gemak is ons top prioriteit. Sien uit om julle weer by ons te verwelkom. Geseende Feesseisoen,
Brent en Erika Smith
Terence J - Des 2022
Algehele gradering
Fantastic.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Dear Terence, thank you kindly for your review. It was a pleasure meeting you and your beautiful wife. Wishing you a great 2023 and hope to see you again in the future. Warm Ranch regards. Brent and Erika Smith
Geurt V - Okt 2022
Algehele gradering
Heerlike rustige verblyf, skoon en netjies. Vriendelike en hulpvaardige gasvrou en gasheer.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Beste Geurt en Marthella
Baie dankie vir jul resensie. Dit was heerlik om julle by ons te huisves en van jul ongelooflike ervarings en reise te hoor.
Wense vir ´n wonderlike week en hoop om julle iewers weer in die nabye toekoms te sien.
Ranch groete
Brent en Erika Smith
Jané S - Sep 2022
Algehele gradering
Fantastiese plek!
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Beste Willem en Jane
Baie dankie vir julle resensie. Dit was ´n plesier om julle te kon ontmoet en te hoor dat julle ons geriewe hier so geniet het. Sien uit om julle weer te huisves as sussa weer ´n show aan het.
Groete
Brent en Erika Smith
Marita V - Aug 2022
Algehele gradering
Uitstekende oornagverblyf.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Beste Marita
Baie dankie vir jou resensie. Dit was ´n plesier om julle, klein Licha en Mickey te ontmoet. Sien uit na julle volgende kuier.
Groete
Brent en Erika Smith
Wilmari G - Aug 2022
Algehele gradering
Beautiful! Beste diens nog ooit!
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Beste Wilmari
Baie dankie vir jou resensie. Dit was so aangenaam om julle te kon ontmoet en al die doen en lates van julle sport en kinders te hoor. Alle sterkte met die res van die jaar se sport en akademie en hoop om julle weer te sien.
Vriendelike groete
Brent en Erika Smith
Cecilia K - Jul 2022
Algehele gradering
Pragtige kamers en persoonlike diens.
Lees meerThe Ranch Guesthouse se terugvoer
Goeie middag Cecilia
Baie dankie vir jou resensie. Wat 'n voorreg om jou te ontmoet al was dit so kort. Ons is verheug om te hoor dat jy ons gastekamer geniet het met al die bederfies in. Hoop om jou weer in die nabye toekoms te sien.
Warm Ranch groete
Brent en Erika Smith
Vernique L - Jun 2022
Algehele gradering
Home away from home!
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Beste Vernique
Baie dankie vir jou resensie en sjoe hoe lekker was dit nie om jou te ontmoet. Alle sterkte met jou eksamen uitslae en ons hou duim vas vir net die beste. Jy het hard gewerk en baie opgeoffer.
Sien jou binnekort weer vir jou volgende rondte.
Groete
Brent en Erika Smith
Michal P - Mrt 2022
Algehele gradering
Lekker gebly. Baie skoon en netjies.
Lees meerThe Ranch Guesthouse se terugvoer
Beste Michal
Baie dankie vir jou resensie, dit verbly ons om te hoor dat julle ons geriewe geniet het. Hoop om julle weer eendag by ons te kan huisves.
Vriendelike groete
Brent en Erika Smith
Betsie M - Mrt 2022
Algehele gradering
Netjies en gerieflike verblyf.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Baie dankie vir jou resensie. Dit was ´n voorreg om julle te ontmoet en om te hoor dat julle ons kamer so geniet het.
Wallace en Skylah was sulke goed gemanierde gaste dat hulle altyd welkom sal wees hier by ons. Ons sien uit om julle weer by ons te verwelkom. Betsie, alle sterkte met jou nuwe uitdaging in Kimberley.
Harm H - Aug 2021
Algehele gradering
Lekker en rustig.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Beste Harm,
Baie dankie vir jou resensie. Dit was 'n voorreg om julle te kon ontmoet.
Alle sterkte met julle studies.
Groete,
Brent en Erika.
Harry B - Sep 2020
Algehele gradering
Sal definitief weer daar bly.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Beste Harry,
Baie dankie vir jul resensie. Ons sien uit daarna om julle weer te sien.
Groete,
Brent en Erika
Madelize C - Mrt 2020
Algehele gradering
Gasvryheid uit die boonste rakke!
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Beste Hannes en Madelize
Baie dankie vir julle resensie. Ons sien uit daarna om julle weer te sien.
Groete,
Brent en Erika
Janus V - Nov 2020
Algehele gradering
Vriendelik en beeldskoon.
The Ranch Guesthouse se terugvoer
Beste Janus
Baie dankie vir jou terugvoer.
Groete
Brent en Erika
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 12 mense
- Geen kinders onder 16
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rivierstraat 151, Potchefstroom, 2520, Noordwes
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang