Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Red Wine Cottage

  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Swellengrebelstraat 1, Die Boord, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

The Red Wine Cottage is 'n selfsorgkothuis in Stellenbosch, 2 km van die Universiteitskampus af, 1,5 km van die middedorp af en 1 km van die skole af.

Die kothuis beskik oor 1 slaapkamer en 'n oopplan-leefarea en is ten volle toegerus om gaste se verblyf gerieflik te maak. Die slaapkamer het 'n baie gemaklike koningingrootte-bed met perkallinne. Die badkamer beskik oor 'n groot instapstort, wasbak en 'n toilet. Seep, sjampoe en toiletpapier word voorsien.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, induksie-kookplaat en 'n mikrogolfoond toegerus. Verder is daar genoeg breekware, glase, messe, vurke en kombuisware. 'n Klein houer melk, koffie, tee en suiker word vir die eerste aand voorsien, en 'n bottel rooiwyn word vir elke bespreking voorsien.

Die losstaande kothuis is heeltemal apart en het 'n straatingang, veilige parkeerplek agter 'n outomatiese hek en sy eie tuin.

Alhoewel die woonbuurt veilig is, is die kothuis met 'n veiligheidshek, diefwering en 'n alarm vir gaste se gemoedsrus toegerus.

Kamer-opset

Kapasiteit: 3 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelslaapbank
Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Kantoorgeriewe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Aparte toilet
  • Stort
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Waaier
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 14 resensies vir The Red Wine Cottage
Netheid
4.6/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Antoinette Geverifieer

Eiendomme 5

Resensies 47

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Swellengrebelstraat 1, Die Boord, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Red Wine Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Swellengrebelstraat 1, Die Boord, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd2b0406a8cfb04494a66bb92fd71fdf369bda18a6a1e7f5b5b350d0fc09029fa2956064cf246b5892c9da217be43d4309505?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 3) 14 5 1 5 1 Swellengrebel Street Die Boord 7600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.952329250066 18.850773947256

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang