Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Red Wine Cottage

  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Swellengrebelstraat 1, Die Boord, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

The Red Wine Cottage is 'n selfsorgkothuis in Stellenbosch, 2 km van die Universiteitskampus af, 1,5 km van die middedorp af en 1 km van die skole af.

Die kothuis beskik oor 1 slaapkamer en 'n oopplan-leefarea en is ten volle toegerus om gaste se verblyf gerieflik te maak. Die slaapkamer het 'n baie gemaklike koningingrootte-bed met perkallinne. Die badkamer beskik oor 'n groot instapstort, wasbak en 'n toilet. Seep en toiletpapier word voorsien.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, induksie-kookplaat en 'n mikrogolfoond toegerus. Verder is daar genoeg breekware, glase, messe, vurke en kombuisware. 'n Klein houer melk, koffie, tee en suiker word vir die eerste aand voorsien, en 'n bottel rooiwyn word vir elke bespreking voorsien. Die sitarea het 'n driekwartbed vir 'n ekstra gas.

Die losstaande kothuis is heeltemal apart en het 'n straatingang, veilige parkeerplek agter 'n outomatiese hek en sy eie tuin.

Alhoewel die woonbuurt veilig is, is die kothuis met 'n veiligheidshek en 'n alarm vir gaste se gemoedsrus toegerus.

Kamer-opset

Slaapplek vir 3 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Leefarea

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Kantoorgeriewe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Aparte toilet
  • Stort
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Waaier
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 15 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Elmarie C
5.0
Heerlike kuier in Stellenbosch. Antoinette was baie gaaf en ons het alles gehad wat nodig was. Ons gesin het baie lekker gebly. Die kothuis is pragtig...
Sien meer
Okt 2024
Gerrit E
Saam met lewensmaat
5.0
Goeie plek om die Stellenbosch omgewing te verken. Heerlik gebly en geslaap. Alles is mooi instandgehou en skoon. Die gasvrou het ons ontvang en baie ...
Sien meer
Aug 2024
Tony C
5.0
Comfortable, tranquil, enjoyable and effective. My stay in The Red Wine Cottage was generally enjoyable and convenient. The location wa...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2024
Irma D
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik gerieflik, skoon en netjies. The host is baie vriendelik en hulpvaardig.
Okt 2023
Louis D
Saam met lewensmaat
4.8
Baie goed ingerig en voorsien letterlik in al jou behoeftes, voel amper of jy tuis is. Baie mooi en goed ingerigde kothuis, goeie waarde vir jou geld.
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Antoinette Geverifieer

Eiendomme 5

Resensies 50

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Swellengrebelstraat 1, Die Boord, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Red Wine Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Swellengrebelstraat 1, Die Boord, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd780b434e4c956b882d9f40e07c4b907447573ede186b2b41b83a41da38ac50e3eed16185d21079da6afa22f9a11a4ade56e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 3) 15 5 1 5 1 Swellengrebel Street Die Boord 7600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.952329250066 18.850773947256

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang