Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Rest Farm

Langtermynverblyf-aanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf wat 6 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 11:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: The Rest, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
  • Vanaf R900 R720 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

The Rest Farm lê aan die bokant van 'n opgaardam diep in die Sneeuberge in die Karoo, sowat 16 km vanaf Nieu-Bethesda op ’n grondpad. Dis die perfekte plek vir gesinne wat op soek is na rus en vrede met die opsie om deel te neem aan die doendinge op die plaas. Gaan roei op die rivier wat deur die oeroue woud vloei of gaan op lekker lang staptogte deur die berge. Hier kan jy ook bergfietsry, voëlkyk, sterrekyk, dophou hoe koeie gemelk word of help om vee aan te jaag.

The Rest Farm het 2 ongekunstelde selfsorg-kothuise wat groot genoeg is vir 'n gesin. The Shepherd's Cottage is pragtig geleë en bied ongelooflike uitsigte op Alwynkop en Kompasberg. Dié kothuis het 'n volledig toegeruste kombuis, 'n oopplan-sitkamer en 'n -eetkamer, 3 slaapkamers en 'n badkamer. Daar is 'n klein braai-area waar gaste die sonsondergang kan geniet. 'n Groot perskeboom bied in die somer skadu en die ou gebou se dik mure hou die binnekant lekker koel. 'n Kaggel is ook beskikbaar om die ergste winterkoue af te weer.

The Garden House skuil tussen die bome naby die hoofhuis. Die huis is lekker koel in die somer, en 'n ou stoof hou dit in die winter snoesig en warm. Die kothuis beskik oor 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 2 afgeskorte areas met dubbelbeddens en 'n kombuisie wat goed toegerus is, 'n leefarea en 'n badkamer. 'n Buitestort met warm water is beskikbaar en daar is kompos-toilette naby die huis.

Tuisgebakte brood, plaasetes, plaaseiers en Karoovleis, melk, jogurt, roomkaas en eiers kan op die plaas gekoop word, onderhewig aan beskikbaarheid. Die plaas is sowat 'n uur se ry vanaf die naaste kruidenierswinkel, so doen maar eerder jou inkopies voordat jy hier aandoen. Sneeu is nie 'n ongewone verskynsel in die winter nie en vloede skep dikwels in die somer 'n dramatiese prentjie. In die lente kleur pragtige veldblomme en vrugteboom-bloeisels die landskap vrolik in. Warm somersdae kan langs die rivier in die populierbos geniet word. Wanneer dit herfs is, word dié bos in dramatiese rooi, goud en oranje getooi.

Gaste kan 'n egte plaas-ervaring hier geniet ver van die stad se gedruis af. Hier word die intensiteit van die seisoene ook ervaar, die stowwerige droogtes en die modderpaaie wanneer dit reën. Die plaas word met sterk bewaringsbeginsels bestuur en gaste word vereis om dit te ondersteun.

Doen asb. ook navorsing oor ons enkel-, paartjie- en groep-wegbreke. Individue wat buiteseisoentyd reis, kan navraag doen oor verlaagde tariewe.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Wegbreekkamers
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

3.6/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Goed

Netheid
2.8
Ligging
4.4
Waarde vir geld
3.1
Diens
3.7
Veiligheid
4.3

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

3.6/5

Paula Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 12

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • The Rest, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
  • Gaste dink The Rest Farm het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R900
R900 R720
per nag (plek vir 5)
Vanaf R900
R900 R720
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 11:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: The Rest, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDM3NzU0N2Y3LWUzMDAtNGIzYi1hYzEyLWMxZTNkZTA5ZjY4Yw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R900 nouVanaf R720 per nag (plek vir 5) 12 5 1 4 The Rest Nieu Bethesda 6286 Oos-Kaap 021 201 8901 11:00-19:00 12:00 -31.788826202638 24.661290481448

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang