Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Ridge

Langtermynverblyf-aanbod 25% af

Kry 25% af vir verblyf wat 25 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 11 Sep 2024 tot 16 Des 2024.

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tafelberg-weg 6, Kenridge, Durbanville, Kaapstad, 7550, Wes-Kaap
  • Vanaf R950 R713 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

The Ridge is 'n ruim eenslaapkamerwoonstel in die boomryke woonbuurt Kenridge, Durbanville, met maklike toegang tot Durbanweg en binne 'n 4 km-radius van gewilde winkelsentrums, sakegebiede en 'n wye verskeidenheid restaurante.

Dié woonstel het slaapplek vir 2 gaste en is ingerig met 'n koningingrootte-bed en het 'n badkamer met 'n instapstort, bad, wasbak en toilet. Alle linne en handdoeke word voorsien. Die eenheid beskik oor oorgenoeg kasspasie en is ideaal vir langverblyfgaste, sakereisigers of 'n paartjie se wegbreek. 'n Haardroër, klere-yster en strykplank word ook voorsien. Daar is 'n plafonwaaier in die slaapkamer en 'n staande waaier wat rondgeskuif kan word vir daardie warm somersdae. 'n Verwarmer word voorsien vir die kouer nagte.

Die eenheid het 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n yskas-vrieskas, induksiestoof, mini-oond, mikrogolf, basiese breekware en eetgerei, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Van die kombuis af lei die sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met toegang tot sekere DStv-kanale en Netflix. WiFi is beskikbaar en gaste het toegang tot bordspeletjies, boeke en tydskrifte sou hulle verkies om binnenshuis te bly.

Die buite-area het 'n lieflike terras met braaigeriewe, en stoepmeubels en het groot veilige parkeerplek op die perseel wat gemaklik 2 voertuie kan akkommodeer).

Dié eiendom is 'n hanetreetjie van Hoërskool Fairmont af en stapafstand van die Durbanville-roostuin en Kenridge-sentrum af. Op die drumpel is die Durbanville-wynroete en 'n groot verskeidenheid doendinge soos natuurwandelings, minigholf, slee, en teaters.

Kamer-opset

Kapasiteit: 2 Aantal kamers: 1 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 21 resensies vir The Ridge
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Odette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 21

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Tafelberg-weg 6, Kenridge, Durbanville, Kaapstad, 7550, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Ridge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R950
R950 R713
per nag (plek vir 2)
Vanaf R950
R950 R713
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tafelberg-weg 6, Kenridge, Durbanville, Kaapstad, 7550, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6700dd38699c2e6df8d6f613dee4138ca1ed1c83dca641715b3a5011fed561aa7db57ae05a220e7047268117943819a843e0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R950 nouVanaf R713 per nag (plek vir 2) 21 5 1 5 6 Tafelberg Road Kenridge, Durbanville 7550 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.855233661054 18.639198176127

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang