Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Ridge

Langtermynverblyf-aanbod 25% af

Kry 25% af vir verblyf wat 25 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 11 Sep 2024 tot 16 Des 2024.

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tafelberg-weg 6, Kenridge, Durbanville, Kaapstad, 7550, Wes-Kaap
  • Vanaf R950 R713 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

The Ridge is 'n ruim eenslaapkamerwoonstel in Kenridge, 'n boomryke buurt in Durbanville, naby Durban-weg en binne 'n 4 km-radius vanaf verskeie winkels, sakegebiede en restaurante.

Die woonstel het slaapplek vir 2 gaste op 'n koningingrootte-bed en daar is 'n instapstort, bad, wasbak en 'n toilet in die badkamer. Linne en handdoeke word voorsien. Die eenheid het oorgenoeg spasie in die kaste wat dit ideaal maak vir gaste wat langer bly, sakereisigers of vir paartjie wat op soek is na 'n wegbreek. 'n Haardroër, strykyster en strykplank is ook beskikbaar. Daar is ook 'n draagbare waaier, 'n plafonwaaier en 'n verwarmer.

Daar is 'n yskas-vrieskas, induksiestoof, oondjie, mikrogolf, basiese eetgerei en breekware en tee- en koffiemaakgeriewe in die kombuis en dié vertrek lei na die sitarea mer gemaklike sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale en Netflix. WiFi is beskikbaar en daar is ook bordspeletjies, boeke en tydskrifte.

Buite die eenheid is 'n stoep met braaigeriewe en meubels en daar is veilige parkeerplek vir 2 voertuie op die perseel.

Die eiendom is 'n hanetreetjie van Fairmont High School en stapafstand van die Durbanville Roostuin en Kenridge Senturm af. Die Durbanville Wynroete en 'n groot verskeidenheid aktiwiteite soos natuurwandelings, putt-putt, toboggan-ry en teaters is naby die verblyf.

Kamer-opset

Kapasiteit: 2 Aantal kamers: 1 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 21 resensies vir The Ridge
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Odette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 21

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Tafelberg-weg 6, Kenridge, Durbanville, Kaapstad, 7550, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Ridge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R950
R950 R713
per nag (plek vir 2)
Vanaf R950
R950 R713
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tafelberg-weg 6, Kenridge, Durbanville, Kaapstad, 7550, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6700dd38699c2e6df8d6f613dee4138ca1ed1c83dca641715b3a5011fed561aa7db57ae05a220e7047268117943819a843e0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R950 nouVanaf R713 per nag (plek vir 2) 21 5 1 5 6 Tafelberg Road Kenridge, Durbanville 7550 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.855233661054 18.639198176127

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang