Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The River Cottage

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Limerick Plaas, Langs die R501, Potchefstroom, 2520, Vrystaat
  • Vanaf R3 000 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

River Cottage is 'n privaat plaaskothuis op die oewer van die Vaalrivier aan die Vrystaat-kant, net 20 km van Potchefstroom af. Die kothuis bied rustigheid en 'n regte wegbreekkans.

Dié kothuis is geskik vir 6 gaste en het 3 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-leefarea, -eetarea en -kombuis. Twee van die slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Daar is 2 en suite-badkamers wat elk 'n stort, toilet en wasbak het en die derde badkamer het 'n hoekbad.

Die leefarea het 'n TV met die volle DStv-pakket. Daar is ook onbeperkte WiFi beskikbaar. Die kombuis is met 'n vierplaatgasstoof, 'n yskas-vrieskas, mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus.

Die ligte en sekere muurproppe bly aan tydens beurtkrag.

Gratis koffie, tee, suiker, melk, braaibrikette en toiletware word vir die begin voorsien.

Gaste kan ontspan op die stoep met braaigeriewe en 'n uitsig oor die rivier. Die plonspoel is slegs beskikbaar in die somer. Daar is ook massiewe grasperke waar gaste lekker kan piekniek hou of net ontspan en oor die water tuur.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 44 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Peet V
Saam met vriende
5.0
Rustigheid langs die water. Lieflike plek. Netjies, mooi ingerig en ideaal teenaan die rivier geleë. Vriendelike eienaar. Ons sal beslis weer hier wil...
Sien meer
Nov 2024
Lanie P
Saam met vriende
5.0
Fantasties! Ons het 'n heerlike naweek gehad, en heerlik gebly. Die huis is skoon en netjies en het alles wat mens nodig het. Ons is vriendelik ontvan...
Sien meer
Okt 2024
Hendrik D
Gesin met tieners
5.0
Pragtige uitsig! As jy rustig in die natuur wil kuier met gerief.
Aug 2024
Hannelie V
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker so alleen. Dankie vir houtskool. Ons kom definitief weer - ons tipe plek! Heeltemal afgesonder en alleen. Sien niemand. Net wat ons wou hê. Dal...
Sien meer
Nov 2023
Sarah-ann B
Gesin met tieners
5.0
10 uit 10 vir The River Cottage. Ons is baie vriendelik ontvang deur Almie en sy het alles aan ons verduidelik. The River Cottage is uitstekend toeger...
Sien meer
Sep 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Almie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 44

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Limerick Plaas, Langs die R501, Potchefstroom, 2520, Vrystaat
  • Gaste dink The River Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Potchefstroom Vrystaat
Vanaf
Vanaf R 3 000
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R 3 000
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Limerick Plaas, Langs die R501, Potchefstroom, 2520, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGEyYjI0ZmZhLTMxNTktNDU3Zi1iMzk4LTBkMWFmY2U0NjAwMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 000 per nag, vir 6 mense 44 5 1 5 Limerick Farm Off the R501 2520 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.941305555556 27.07275

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang