The River House
Kry 10% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: President Pretorius-laan 174, Presidentsrus, Middelburg, 1055, Mpumalanga
-
Vanaf
R3 299R2 969 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
The River House bied selfsorg-akkommodasie in 'n rustieke houthuis met 'n grasdak teen die groot Olifantsrivier, 1,5 uur se ry van Pretoria en Johannesburg af. Die huis front op die rivier en bied toegang tot 'n privaat ontspanningsarea teen die water. Hier kan gaste lekker visvang (swartbaars en geelvis) of swem en op binnebande en kanos in die rivier baljaar.
Die huis beskik oor 2 dubbelslaapkamers met 'n koningingrootte-bed en 'n dubbelbed, 'n ruim solderkamer vir 6 kinders, 2 badkamers met 'n bad en 2 storte, 'n gemaklike leefarea met 'n TV (en gaste moet asb. hul eie dekodeerder en slimkaart saambring), 'n eetarea, en 'n kombuis. Die kombuis toegerus met 'n dubbeldeur-yskas, 'n oond/stoof en tee- en koffiemaakgeriewe, mikrogolfoond, breedrooster en toebroodjie-drukker, asook alle kooktoerusting wat jy dalk mag nodig kry. Die leefarea lei na 'n lieflike dek en 'n gesellige vermaakarea buite met 'n braaiplek in die skadu van inheemse bome. Daar is ook 'n lieflike kampvuur-area.
Die Olifantsriviervallei word omring deur berge en dus is daar doendinge in oorvloed! In dié omgewing kan jy gaan stap op die Broodboom-staproete, voëlkyk, bergfietsry, en 4x4-roetes aandurf. Die welbekende Broodboom-staproete is 'n ongelooflike ervaring wat jou oor berge en dale en deur die bos lei. Hier sal jy jou verkyk aan die uitsigte en aan die broodbome.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
6 x Kinderbed vir 1
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Waaier
- Kaggel
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
May Geverifieer
Eiendomme 6
Resensies 14
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- President Pretorius-laan 174, Presidentsrus, Middelburg, 1055, Mpumalanga
- Gaste dink The River House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Middelburg Loskopvallei Mpumalanga
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: President Pretorius-laan 174, Presidentsrus, Middelburg, 1055, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang