Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Riverstone House

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Palmietvlei-plaas, Langs die R43, Romansrivier, 9 km buite Wolseley, 7654, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

The Riverstone House bied 'n plattelandse selfsorg-wegbreek in 'n rustige area buite Wolseley. Die verblyf is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n gesinswegbreek op 'n plaas, 'n spesiale plek vir 'n bruid om voor te berei of 'n wittebroodbestemming. Die plaas is naby bekroonde wynlandgoedere en tussen Breedekloof, Slanghoek, Wolseley en Tulbagh se wynroetes geleë.

Verblyf is in die Riverstone House, die FamTin en die CouplesPod beskikbaar. Riverstone House het slaapplek vir 8 volwassenes en 2 klein kinders en beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers en 'n ruim oopplan-kuierarea, -sitarea en -kombuis. Beide die onderdakstoepe aan die ooste- en westekant bied lieflike uitsigte waar gaste die sonsopkoms en sonsondergang kan dophou. Die gekabbel van die Breederivier en die voëllewe dien as agtergrondmusiek.

Die FamTin is 'n moderne eenheid wat uit 2 vragskiphouers bestaan wat in 'n eenheid met slaapplek vir 4 omskep is en op die rand van die plaasdam geleë is. Die eenheid is troeteldiervriendelik en het gratis WiFi. Die FamTin beskik oor 2 en suite-slaapkamers, elk met sy eie vleuel van die eenheid, met 'n binne- en buite-eetarea, 'n onderdakstoep en ingeboude braaigeriewe.

Die CouplesPod is ook by die plaasdam geleë. Dit is 'n dubbelvragskiphouer met 'n onderdakstoep, ingeboude braaigeriewe en 'n smeulstofie binne. Daar is 'n koningingrootte-bed, en suite-badkamer, sitarea, eetarea en 'n kombuis.

Wanneer dit te warm raak, kan gaste in die rivier afkoel. Weens die droogte het die Breederivier ongelukkig nie 'n sterk stroom gedurende die somerseisoen nie.

Troeteldiere word in al die eenhede toegelaat, maar let asb. dat net Riverstone House omhein is.

Die verblyf is 26 km vanaf Tulbagh, 16 km vanaf Ceres en 9 km vanaf Wolseley wat dit ideaal maak om 'n rits aktiwiteite in die Witzenbergvallei te geniet. Wandel op die plaaspaaie, besoek die mak ram en perde in die veld langsaan, of verken die bekroonde wynplase in dié vallei.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 10 resensies vir The Riverstone House
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Candice Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 27

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Palmietvlei-plaas, Langs die R43, Romansrivier, 9 km buite Wolseley, 7654, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Riverstone House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Breederiviervallei Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R1 900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Palmietvlei-plaas, Langs die R43, Romansrivier, 9 km buite Wolseley, 7654, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA06512333b933dd49a0c8e79191ad7ca4525441b447696a18e6406799b4a1b84e78332fdf61a9f78b0b227aff62a14dd96c62?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 900 per nag, vir 2 mense 10 5 1 5 Palmietvlei Farm Off the R43 Romansrivier 7654 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.475802122214 19.17606858001

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang