The Sanctuary
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: R516, Mabalingwe Natuurreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Vanaf R3 750 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
The Sanctuary bied 'n outentieke Afrika-bosveld-ervaring in 'n ruim selfsorghuis in die Itaga Privaat Reservaat in die Mabalingwe Natuurreservaat waar die Groot 5 in die area besigtig kan word. Dié huis is ten volle omhein, grens aan die wildtuin en bied 'n uitsig oor 'n watergat vanaf die stoep.
Verblyf word in 3 slaapkamers met en suite-badkamers gebied en daar is slaapplek vir 6 volwassenes en 4 kinders. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n dubbelslaapbank wat geskik is vir 2 klein kinders of' n ouer kind/jong volwassene, en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n stapelbed wat geskik is vir 2 kinders of 2 jong volwassenes. Elke badkamer het 'n bad en 'n stort, en gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, ketel, yskas-vrieskas en skottelgoedwasser toegerus, en het 'n toonbank met stoele. Langs die kombuis is 'n eetarea met 'n etenstafel met sitplek vir 10. Die sitarea het rusbanke, 'n houtvuurkaggel en 'n TV met DStv-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar.
Daar is 'n lapa met 'n kroeg, vuurput, braaigeriewe en 'n swembad wat 'n uitsig oor die tuin bied. Veilige parkeerplek is beskikbaar en daar is 'n gasstoof en 'n omsetter wat die hoofligte tydens kragonderbrekings ondersteun.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Kinderstapelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Kinderbank vir 2
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Emma Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 6
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- R516, Mabalingwe Natuurreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Gaste dink The Sanctuary het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Mabalingwe Nature Reserve Limpopo
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: R516, Mabalingwe Natuurreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang