The Sanctuary on Raithby
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Raithby Vines-keeromstraat 2, Raithby, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
- Vanaf R5 187 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
The Sanctuary on Raithby is in die skilderagtige dorpie in Somerset-Wes geleë en is 'n luukse villa wat hoë gehalte selfsorgverblyf bied. Somerset-Wes spog met verskeie wynplase, uitstekende restaurante, 'n winkelsentrum en gholflandgoedere, wat dit die ideale bestemming maak vir gaste wat 'n ontspanne wegbreek soek.
Dié pragtige dubbelverdiepingvilla beskik oor 3 slaapkamers en bied slaapplek aan 6 gaste. Die boonste verdieping lei na 'n werkspasie en die hoofslaapkamer wat 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort het. Die ander twee kamers is op die onderste verdieping en een het 'n koningingrootte-bed en die ander het 2 enkelbeddens. Die tweede slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort en die derde slaapkamer se gaste gebruik 'n aparte badkamer met 'n stort.
Die kombuis, eetarea en sitarea is op die grondverdieping. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond en 'n koffiemasjien toegerus. Die aparte opwaskamer het 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die leefarea lei na 'n toegeboude stoep met oorgenoeg sitplek en ingeboude braaigeriewe wat verder na 'n swembad lei.
Hierdie verblyf het ook 'n omsetter wat ononderbroke elektrisiteit tydens kragonderbrekings voorsien.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Waaier
- Kaggel
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Stephen Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 2
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Raithby Vines-keeromstraat 2, Raithby, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Raithby Somerset-Wes Boland Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Raithby Vines-keeromstraat 2, Raithby, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang