The Sand Olive
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Slaapplekstraat 4, Heroldsbaai, 6529, Wes-Kaap
- Vanaf R895 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
The Sand Olive is 'n selfsorg-ateljeewoonstel vir 2 gaste in Heroldsbaai.
Die oopplan-woonstel het 'n privaat ingang, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n lugbraaier, yskassie, mikrogolfoond en broodrooster toegerus. Daar is ook 'n ketel met tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is 'n TV met DStv en toegang tot Netflix en YouTube, asook vinnige WiFi. Die woonstel het rugsteun-kragtoevoer wat uit 'n omsetter, batterystelsel en sonpanele bestaan. Geen kampvrieskaste of -yskaste word toegelaat nie.
Die woonstel lei na 'n onderdakstoep en 'n privaat kuierarea met braaiplek en 'n rooster. Daar is ook parkeerplek vir 1 voertuig. Rook is in die eenheid en die onderdakstoep verbode en geen kinders en troeteldiere word toegelaat nie.
The Sand Olive is net 2 km vanaf die strand waar gaste kan swem, visvang en branderplankry. Verder kan gaste ook 'n potjie gholf by die Oubaai Gholfklub geniet, voëlkyk en die dolfyne sien speel in die branders!
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Lesley Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 42
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Slaapplekstraat 4, Heroldsbaai, 6529, Wes-Kaap
- Gaste dink The Sand Olive het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Slaapplekstraat 4, Heroldsbaai, 6529, Wes-Kaap