Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Shamrock Lodge

Resensies

3/ 5

Gebaseer op 6 resensies


Netheid
2.7
Ligging
3.5
Waarde vir geld
2.7
Diens
3.0
Veiligheid
3.3
Rosi S
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Des 2015

Immaculate. This lodge is very neat and decent with a central location. It is homely and inviting.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Ankia V
1 nag Saam met lewensmaat
2.0
Jul 2015

Will not stay here again. When we arrived, the person trying to locate our booking and take us to our room, did not seem to be an official receptionist because he eventually had to call somebody to find our booking as he was unable to. The bathroom towels were grey and frayed, not what we expected at any establishment. There was only one large enough towel, the rest were hand towels, although we booked the room for 2 people. The coffee and tea station also only catered for one guest. In general the room didn't seem to be maintained. One of the curtain tiebacks was broken off. The breakfast was disappointing. It incorporated some fried eggs being kept warm and mostly meaty dishes. The only positives were the kitchen staff, who offered to fry a fresh egg when we requested one, and the receptionist the following morning when we checked out, whom we cannot fault. She was extremely friendly and check-out was a breeze. It is a pity about our first impression and the condition of the place. We will most definitely not return or recommend this establishment.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
1.0
Diens
2.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
1.0

Michael B
Kort verblyf Besigheidsreis
1.6
Mrt 2015

Dit was 'n geweldige traumatiese ervaring wat ek nooit weer oor wil hê nie. Die gehalte van die kamers was baie baie ver van 'n 4 ster-gradering af, of anders het ons standaard geweldig geval! Die kamers word adverteer met lugversorging: Nie 1 van ons 2 kamers wat ek bespreek het, het lugversorging ingehad nie! Die kamers kon skoner gewees het, die handdoeke was baie oud en uitgerafel, van die krane se handvatsels is weg, die een kamer se badkamerlig was dood, en alhoewel hulle sê hulle doen kamerdiens, was daar volgens hulle spyskaart slegs vis beskikbaar van die hele spyskaart af ...en dit was die omvang van ons keuses! Ons moes ry om kos te gaan soek na 12 ure op die pad! Belaglik! Ek het spesifiek versoek dat daar 'n yskas in die kamer moet wees vir my medikasie, wat hulle gesê het standaard daar sal wees. Hulle moes die yskas omruil en toe my van kamers ruil om 'n werkende yskas te kon kry. Geen muurproppe of passtukke was beskikbaar vir my foon nie! Die ontvangs het kliphard musiek gespeel dat ek nie kon hoor wat sy vir my sê toe ons inklok nie! Daar was geen bedkassies langs die bed om goed soos fone, sleutels, beursies ens. op te sit nie! Ek reis geweldig baie vir besigheid reg oor die land en het al in allerhande plekke gebly, maar dié een was die grootste teleurstelling nog gewees! Ek was bewus dat Polokwane nie 4/5 ster-hotelle het nie, maar was redelik gelukkig om 'n 4 ster-lodge te kon kry... tot my geweldige skok! My kamer was teen die pad. Elke keer as 'n trok daar verby jaag, het dit geklink asof dit in my kamer gaan inry! Ek sal dit darem vir hulle sê: na 'n groot verduideliking het hulle darem vir ons gebakte eiers warm vir ontbyt bedien met lekker koffie en roosterbrood! Ek is baie jammer maar ek sal NOOIT weer daar bly nie en ook niemand anders aanraai om soontoe te gaan nie!

Netheid
2.0
Diens
1.0
Ligging
2.0
Veiligheid
2.0
Waarde vir geld
1.0

Hannes C
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2014

Ons is baie vriendelik ontvang en die verblyf was aangenaam en gerieflik! Om na 25 jaar weer in Polokwane te kuier was vir ons wonderlik. Die gasvryheid, vriendelike ontvangs en hulp met navrae by die personeel, maak dat ons die Shamrock Lodge by enige een sal aanbeveel. Die kamerdiens met die ontbyt die oggend van ons vertrek, was puik. Doen so voort Shamrock!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Chris V
1 nag Besigheidsreis
2.6
Okt 2014

Gegewe die prys van R1000+ is die kamertoestand redelik swak. Te min elektriese proppe, drade lê rond, toiletrolhouer afgehaal en rol op toilet, yskas afgeskakel en staan oop, 1 koppie, glas en geen teelepel in kaste. Bedlampie kan nie inprop terwyl TV en rekenaar ingeprop is nie. Restaurant geadverteer, maar duidelik nie beskikbaar nie. As dit kom by kamerdiens van die kombuis af, is die meeste opsies op die spyskaart nie beskikbaar nie. Parkeerplek duidelik nie genoeg vir die kamers nie en toegang baie moeilik. Ek sal dit nie weer gebruik of aanbeveel nie. Nie 4 ster volgens my nie.

Netheid
1.0
Diens
2.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
2.0

Marlucia V
1 nag Gesin met klein kinders
2.2
Okt 2014

Die advertensie is misleidend. Die kamers is pragtig maar word nie instandgehou nie. Ons het 2 kamers bespreek. 1 vir 2 volwassenes en 1 kamer vir ons kinders. Toe ons aankom die aand is die kinders se kamers heel aan die ander kant van die gebou. Hulle was vriendelik en het probeer om 'n kamer nader te kry maar steeds op 'n ander vlak en onveilig. Ons was verplig om vir nog 'n "executive"-kamer te betaal om die kinders nader aan ons te kry. Nie een van die geadverteerde spa-baddens in die kamers werk nie. Die kamers word nie instandgehou nie. Die handdoeke is verbleik en ruik sleg. Die beddegoed is verweer. Definitief nie 'n 4 ster-gastehuis soos geadverteer nie. Vir amper R2000 vir een nag vir 'n gesin van 4 kon ons by 'n boetiekhotel gaan bly het.

Netheid
2.0
Diens
3.0
Ligging
2.0
Veiligheid
2.0
Waarde vir geld
2.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3/5

MONICCA Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 10 jaar

Vanaf
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R1 250
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 60 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kleinenbergstraat 81, Bendor Park, Polokwane, 0699, Limpopo
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDdkNThmNmFlLTAyYTYtNDA1ZC1iMWIxLTBmMGEyYzc2YTFlNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag (plek vir 2) 6 5 1 3 81 Kleinenberg Street Bendor Park 0699 Limpopo 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -23.90189 29.47282

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang