Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Slumber Thatch

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Willie Bamstraat 29, Murrayfield, Pretoria, 0184, Gauteng
  • Vanaf R725 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Die Slumber Thatch is in Murrayfield, oos van Pretoria met maklike toegang tot die N4, N1 en R21 geleë. Of jy oos na wes, of noord na suid in ons pragtige land reis, The Slumber Thatch is die ideale oornag-verblyf.

Die ateljee tuin-eenheid het 'n Coud 9 koningingrootte-bed, 'n driekwartbed en 'n en suite-badkamer met 'n groot stort, wasbak en toilet. Daar is ook 'n matras vir 'n vierde gas beskikbaar. Die eenheid het 'n ontbyttafel met sitplek vir 4 op die stoep en 'n kombuis wat toegerus is met 'n groot yskas, mikrogolfoond, tweeplaatstoof en al die nodige kookgerei, eetgerei en breekware.

Daar is 'n rugsakreisigerskamer in die hoofhuis wat van buite af toegang het. Die kamer bied slaapplek aan 3 gaste met plek vir 'n vierde gas op 'n matras, en dit het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Dié kamer het 'n ketel en mikrogolfoond, en 'n yskas wat gedeel word.

Gaste kan hulself tot 'n gesonde ontbyt, middagete, aandete of versnaperinge help teen 'n ekstra koste. Etes moet vooraf bespreek word.

The Slumber Thatch is in 'n veilige en privaat tuin, in 'n omheinde gemeenskap geleë. Daar is veilige parkeerplek, 'n swembad, braai-area en 'n lapa. Rook is streng verbode.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 18 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Riaan V
5.0
Baie dankie vir die vriendelike ontvangs! Alles was perfek, skoon en netjies. Sien sterre.
Aug 2024
Antoon O
4.8
Uitstekende gasvryheid. Goeie plek om te rus na 'n lang pad en vol werksdag. Baie lekker blyplek met heerlike groot bome en 'n tuin. Rustig.
Okt 2024
Danny F
4.8
Veilige en rustige verblyf. Aangename verblyf. Denise is 'n vriendelike gasvrou en sorg dat alles netjies en gereed is.
Okt 2024
Susan H
4.8
Skoon, veilig en bekostigbaar. Backpackers eenheid kompak, maar ideaal vir oorslaap.
Feb 2023
Francois L
4.2
Gemaklik en bevredigend. Ek het lekker gebly. Maklik gekom en gegaan. Gasvrou was baie aangenaam en behulpsaam. Alles het gewerk. Dankie.
Sep 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Denise Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 18

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Willie Bamstraat 29, Murrayfield, Pretoria, 0184, Gauteng
  • Gaste dink The Slumber Thatch het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 725
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 725
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Willie Bamstraat 29, Murrayfield, Pretoria, 0184, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAWsvU65rJp7tdjhJffPMSmz4cY2wCuUiHs6Pz7SfGUeUUEkFirr?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R725 per nag, vir 2 mense 18 5 1 5 29 Willie Bam Street Murrayfield 0184 Gauteng 021 201 8901 14:00-18:00 09:00 -25.751174 28.302858

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang