Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Spotted Grunter Resort

  • Kapasiteit: 84 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg, Port St Johns, 5120, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 560 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

The Spotted Grunter Resort skuil tussen Mount Thesiger aan die agterkant en Mount Sullivan oorkant die rivier. Dié 2 sandsteenberge vorm die koppe van die riviermond wat na die Indiese Oseaan vloei. Port St. Johns is aan die Wildekus geleë, het 3 strande en is ‘n gewilde visvangplek vir knorder, elf, leervis en selfs haaie. Dis die perfekte bestemming vir visvang langs die Umzimvubu-rivier.

Dié oord bied luukse houthutte. Elke hut het ‘n kombuisie wat toegerus is met ‘n yskas, gasstoof, mikrogolfoond, eetgerei en breekware, asook ‘n leefarea met lugversorging, waaier, kluis en ‘n TV met plaaslike kanale of sekere DStv-kanale. Elke hut het ook ‘n braai-area, privaat dek en aangewese parkeerplek.

Die en suite-kamers het elkeen 'n dubbelbed. Die gesinskamer het 'n ekstra enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Dié kamers het ook kombuisies.

Die hengelwinkel bied alles wat jy vir ‘n visvangwegbreek by Spotted Grunter Resort benodig, asook braaitoerusting wat jy op jou houthut se dek kan gebruik.

Die á la carte-restaurant bied verskeie maaltye wat op die dek met ‘n uitsig oor die swembad geniet kan word. Die Anglers Arms-kroeg het ‘n dranklisensie en is ideaal vir ‘n koue bier ná ‘n warm dag langs die rivier. Die kroeg bied ook ‘n pooltafel en veerpyltjiebord.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel
Lughawe-vervoer op versoek

Resensies

3.8/ 5

Gebaseer op 17 resensies

Goed

Netheid
3.6
Ligging
4.1
Waarde vir geld
3.4
Diens
3.5
Veiligheid
4.2

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.8/5

Cindy Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 17

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Hoofweg, Port St Johns, 5120, Oos-Kaap
  • Gaste dink The Spotted Grunter Resort het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 560
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 560
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 84 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg, Port St Johns, 5120, Oos-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAnyjKOf9R9WwZB6RHlfm9sk3gpsHlmB1fW0ZzME4UkjDcPoNqdo?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 560 per nag, vir 2 mense 17 5 1 4 Main Road Port St Johns 5120 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.598537 29.528096

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang