The Springbok Lodge
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 58 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Nambiti Privaat Wildreservaat, D45, Ladysmith, 3370, KwaZulu-Natal
- Vanaf R5 990 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
The Springbok Lodge is in die Nambiti Privaat Wildreservaat. Dié reservaat is 'n bewaringsarea met 11,000 hektaar ongerepte, malaria-vry bosveld en die tuiste van die Groot 5, luiperds, seekoeie en meer as 30 wildsoorte. Dit is sowat 23 km vanaf Ladysmith se middedorp en 'n kort afstand vanaf die N3, die hoofroete tussen Johannesburg en Durban.
Verblyf beskik oor 13 standaardtente met slaapplek vir 2 gaste en 8 gesinstente met slaapplek vir 4 gaste. Elke standaardtent het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens. Die gesinstente het elkeen 'n koninggrootte-bed en 2 enkelbeddens of 4 enkelbeddens. 'n Bababed is op versoek beskikbaar.
Elke tent het 'n binne-badkamer met 'n bad, 'n handstort, dubbelwasbak, toilet, sowel as 'n buitestort en komplimentêre toiletware. Alle tente het lugversorging vir die warm somermaande en koue wintermaande. Daar is ook elektriese komberse wat gaste warm en knus kan hou. Elke tent het 'n trollie met komplimentêre sjerrie, 'n kluis en 'n haardroër.
Ontbyt, middagete en aandete is ingesluit en word in die eetkamer of op die dek by die hoofgebou bedien. Die lodge het ook 'n kroeg met voorraad, sitkamer, kuriowinkel, groot grasperk en kroukie, 2 klipswembaddens, klimraam vir kinders en moderne konferensiegeriewe. Daar is ook gratis WiFi in die lodge, sowel as in die tente.
Natuurliefhebbers sal mal wees oor die omgewing se biodiversiteit met doringbome op die uitgestrekte grasvelde wat die vlaktes van sentraal-Afrika naboots. Aktiwiteite by die lodge sluit wildritte, Groot 5-wandelsafari's, selfgeleide kampstaptogte en visvang in.
The Springbok Lodge is die toonbeeld van die perfekte safari-ervaring met pragtige tente, uitstekende diens, kos en wild. Dié lodge verseker 'n onvergeetlike ervaring.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
Wendy Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 7
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Nambiti Privaat Wildreservaat, D45, Ladysmith, 3370, KwaZulu-Natal
- Gaste dink The Springbok Lodge het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Ladysmith Drakensberge KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 58 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Nambiti Privaat Wildreservaat, D45, Ladysmith, 3370, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang