The Stables At Elvesida
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dargle-weg 4, Boston, Impendle, 3211, KwaZulu-Natal
- Vanaf R800 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
The Stables At Elvesida bied gerieflike selfsorgverblyf op 'n werkende plaas met plaasdiere, skape en beeste in die pragtige Boston-vallei van die Natalse Middellande, ongeveer 135 km vanaf Durban. Dit is ideaal vir 'n gesinswegbreek.
Daar is 3 van hierdie stalle om van te kies en elkeen is ideaal vir 'n paartjie. Die eenhede bied elk slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer met 'n dubbelbed. Daar is 'n stort, wasbak en 'n toilet in die badkamer.
Verder is daar 'n leefarea met 'n kombuis wat met 'n tweeplaatgasstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n toonbank met stoeltjies toegerus is. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale. Hierdie eenhede het ook buitebraaigeriewe.
Daar is iets te doen vir almal by Elvesida Holiday Farm, soos forelhengel, voëlkyk, kanoevaart, voetslaan, perdry en veel meer. Kinders kan 'n interaksie met die bokke, hase, ganse, hoenders en eende geniet.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Noel Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 2
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Dargle-weg 4, Boston, Impendle, 3211, KwaZulu-Natal
- Gaste dink The Stables At Elvesida het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Natalse Middellande KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dargle-weg 4, Boston, Impendle, 3211, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang