The Station Calitzdorp
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 62 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Station-straat, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
- Vanaf R340 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
The Station Calitzdorp is tussen die wingerde van die De Krans-kelders en 'n krans geleë. Dit bied reisigers 'n keuse van selfsorg-eenhede en kampeerplekke.
Gaste kan die gerestoureerde Kaartjie Kantoor, 'n erfenisgebou wat verblyf aan 4 gaste bied, bespreek. Kampeerplekke of Safari-tente, met gedeelde gebruik van ablusiegeriewe, kan ook bespreek word.
Die Kaartjie Kantoor het 'n oopplan-uitleg en beskik oor enkelbeddens wat in koninggrootte-beddens omskep kan word en linne en badhanddoeke word voorsien. Die kombuis is vir selfsorg toegerus en die eenheid het 2 kaggels vir die kouer dae.
Die Safari-tente het elektrisiteit en 2 enkelbeddens in elk. Linne en elektriese komberse vir die winter is beskikbaar. Die skaduryke kampplekke het krag en waterpunte en deel die gebruik van 'n volledig toegeruste kombuis.
The Station het 'n swembad, kroeg met lisensie, geriewe vir partytjies, troues en werkswinkels en is binne 1 km vanaf die middedorp en verskeie winkels en restaurante.
Calitzdorp is op Roete 62 en bied besoekers die geleentheid om wingerde en wynkelders, wandelroetes en 4x4-roetes te besoek.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Internet
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
Resensies
Wat gaste dink
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Andri Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 43
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Station-straat, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
- Gaste dink The Station Calitzdorp het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Calitzdorp Tuinroete Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 62 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Station-straat, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang