The Stellenbosch Hotel
Kry 15% af. Geldig vir verblyf vanaf 22 Nov 2024 tot 24 Nov 2024.
- Kapasiteit: 82 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Op die hoek van Dorp- en Andringastraat, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
-
Vanaf
R2 140R1 819 per nag, vir 2 mense -
TGCSA-gradering:
Beskrywing
The Stellenbosch Hotel spog met 'n puik ligging in die hartjie van die historiese dorpie Stellenbosch. Die hotel is gebou op grond wat toegeken is deur Goewerneur Simon van der Stel tussen 1692 en 1701. Die gebou is in 1987 gerestoureer en tot nasionale monument verklaar.
Ons het verskeie boetiek-hotelkamers en woonstelle. Elke woonstel het 'n ten volle toegeruste kombuisie, sitkamer en privaat balkon. Die kamers en die woonstelle is toegerus met lugversorging, 'n kluis en 'n TV met sekere kanale. Beperkte kelderparkeerplek is beskikbaar, maar parkeerplek in die straat met sekuriteit is ook beskikbaar.
Ontbyt word soggens in die hotel se restaurant, Stellenbosch Kitchen, bedien. Middagete en aandete kan ook hier genuttig word - die spyskaart spog met plaaslike en oorsese geregte. En ons het konferensie- en banketgeriewe vir 36 gaste.
Die museums, kunsgalerye en kuriowinkels is veilige loopafstand van die hotel af. Dit is veral ook 'n puik bestemming vir besoekers wat die Kaapse Wynlande, Tafelberg, die Waterfront en al die ander bekende besienswaardighede in die Wes-Kaap wil verken.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Nagportier
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Plek vir tot 30 afgevaardigdes
Parkeerplek
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Gerda Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 57
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Op die hoek van Dorp- en Andringastraat, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Gaste dink The Stellenbosch Hotel het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Stellenbosch Sentraal Stellenbosch Boland Wes-Kaap
- Kapasiteit: 82 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Op die hoek van Dorp- en Andringastraat, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang