Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Stellenbosch Hotel

Spesiale Aanbod 10% af

Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 1 Des 2024 tot 31 Des 2024.

  • Kapasiteit: 82 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Op die hoek van Dorp- en Andringastraat, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 140 R1 926 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Die Stellenbosch Hotel is strategies geleë in die hartjie van die pragtige en geskiedkundige dorpie Stellenbosch. Die hotel is gebou op grond wat goewerneur Simon van der Stel tussen 1692 en 1701 toegeken het. Die gebou is in 1987 gerestoureer en is tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar.

Verblyf bestaan uit 'n verskeidenheid hotelkamers en -woonstelle in boetiekstyl. Elke woonstel bied 'n volledig toegeruste kombuisie, sitkamer en privaat balkon. Geriewe in beide die hotelkamers en die woonstelle sluit lugversorging, 'n kluis en 'n TV met sekere kanale in. Beperkte kelderparkeerplekke is beskikbaar. Alternatiewelik is straatparkeerplek met sekuriteit beskikbaar.

Ontbyt word bedien in die hotel se restaurant, Stellenbosch Kitchen, waar middagete en aandete ook geniet kan word van 'n verskeidenheid fyn plaaslike en buitelandse disse wat op die spyskaart aangebied word. Die Stellenbosch Hotel bied ook konferensie- en banketgeriewe vir groepe van tot 36 persone.

Museums, kunsgalerye en curio-winkels is almal binne veilige stapafstand. Die hotel is die ideale bestemming vanwaar gaste die Kaapse Wynlande, Kaapstad kan verken met besienswaardighede wat Tafelberg en V&A Waterfront insluit, asook die vele ander besienswaardighede wat die Wes-Kaap bied.

Kenmerke

Afrikaans
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Nagportier
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 47 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.5
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Laetitia W
5.0
Ons was aangenaam verras en dit was 'n heerlike kuiertjie. Ons het heerlik gebly. Die eenheid was netjies, ruim en gesellig. Dominique het by aankoms ...
Sien meer
Sep 2024
Adele G
Saam met lewensmaat
5.0
Goeie waarde vir geld. Ons het slegs een aand oornag, maar dit was baie lekker.
Sep 2024
Maresa H
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het baie lekker gebly! Wonderlike ervaring.
Apr 2024
Martli S
Saam met lewensmaat
5.0
Goeie plek om te bly in die middel van die dorp. Baie geniet en goeie waarde vir geld, vriendelike en behulpsame personeel.
Feb 2024
Johan V
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik en ideaal geleë. Baie aangenaam. Baie sentraal geleë met ondergeboude parkering. Uitstekende diens en baie lekker kamer. Ons het baie van die ...
Sien meer
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Gerda Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 57

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Op die hoek van Dorp- en Andringastraat, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Stellenbosch Hotel het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 140
R 2 140 R 1 926
per nag, vir 2 mense
Vanaf R2 140
R 2 140 R 1 926
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 82 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Op die hoek van Dorp- en Andringastraat, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAKHozAMaghm6tXuspwylHvbfxnRIFz7AUaFJwEyEHkbSeGolcK4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 140 nouVanaf R1 926 per nag, vir 2 mense 47 5 1 5 Coner of Dorp and Andringa Streets Stellenbosch 7600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-00:00 10:00 -33.938691488134 18.861229419708

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang