The Studio
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ockertskraal-plaas, 30 km vanaf Ladismith, 6655, Wes-Kaap
- Vanaf R1 600 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
The Studio is 'n lieflike en privaat kothuis op 'n plaas aan die einde van 'n privaat pad in 'n pragtige, veilige en afgesonderde vallei in die Klein-Karoo tussen Ladismith en Riversdal. Dit is ideaal vir 'n gesinswegbreek, want dit spog met 'n plonspoel.
Die kothuis bied slaapplek aan 4 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 'n en suite-slaapkamer. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelslaapbank vir 'n kind. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die leefarea het 2 enkelbeddens en 'n enkelbed vir 'n kind.
Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n tweeplaatstoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel en 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n kaggel. Gratis WiFi is beskikbaar.
Buite is daar 'n onderdakstoep met sitplek, braaigeriewe en 'n plonspoel.
Die plaas se bekende, varsgebakte olyf- en roosmarynbrood is altyd beskikbaar om te bestel. Die area is ideaal vir bergfietsry en gaste is welkom om hul fietse en toerusting saam te bring. Gaste kan ook die wonderlike landskapskenmerke op die plaas te verken, insluitend die magiese, klein valleie, droë rivierbeddings, fossiele en vreemde vetplante wat hierdie landskap so uniek maak.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
1 x Kinderbank vir 1
Stort, Toilet
Leefarea
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Kinderbed vir 1
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Stoof
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Lizelle Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 67
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Ockertskraal-plaas, 30 km vanaf Ladismith, 6655, Wes-Kaap
- Gaste dink The Studio het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Kaapse Roete 62 Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ockertskraal-plaas, 30 km vanaf Ladismith, 6655, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang