Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Third Dolphin

Selfsorg

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Uitstekend

Netheid
4.3
Ligging
4.3
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.7
Veiligheid
5.0
Linda C
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Feb 2017

Uitstaande eiendom. As jy enige plek in die Oos-Kaap wil bly, moet jy definitief dié plek oorweeg. Netjies en agtermekaar, goed georganiseer en gerieflik. Goeie grootte, modern en goed in stand gehou. Vriendelike diens en maklik bereikbaar vanaf George, Mosselbaai en Oudtshoorn.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Elmarie
The Third Dolphin
Hello Linda, Thank you very much for your kind words of appreciation. I am glad to hear that you were satisfied with the apartment and our accommodation. It was a pleasure to host you! Nice meeting you and your family. Keep well! Greetings Elmarie

Sonja S S
Lang verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2016

Absoluut die beste en goeie waarde vir geld. Mnr en Mev Dempers is die perfekte gasheer en gasvrou. 'n Hartlike verwelkoming het ons laat tuis voel soos ons eie huis. Heerlike beskuit en koffie, met vars melk in die yskas was 'n aangename verrassing na die lang reis. As ook al die lekkernye soos sjokolade. Die gerief van 'n volle toegeruste en silwerskoon blyplek met goeie kwaliteit afwerking en beddens het ons verblyf 'n fees gemaak. Niks was te veel vir hulle en die bonus was om een keer per week ons wasgoed te kon was en nie na 'n wassery te moes gaan. Ons sal beslis weer daar tuisgaan en dit is baie goeie waarde vir jou geld. As eienaar van twee vierster gastehuise is ek baie krities en kon geen fout vind. Dankie Mnr & Mevrou Dempers vir 'n perfekte vakansie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Elmarie
The Third Dolphin
Liewe Sonja Baie dankie vir jou pragtige resensie. Ons is bly ons kon help om jul verblyf en vakansie by The Third Dolphin genotvol te maak. Ons waardeer jou positiewe terugvoer ongelooflik baie! Dit was vir ons aangenaam om julle te ontmoet en om julle as gaste te huisves. Jou waardering vir ons gasvryheid is 'n riem onder die hart. Ons sien daarna uit om julle in die toekoms weer te verwelkom! Groete Elmarie & Johann Dempers

Ilze S
Kort verblyf Saam met vriende
4.0
Okt 2016

Oulike, ruim selfsorgwoonstel. Dit is 'n baie oulike, ruim selfsorgwoonstel met die nodige vir 'n kort verblyf. Die woonstel is egter klam en ruik mufferig. Die interieur kan opegradeer word.

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Elmarie
The Third Dolphin
Hello Ilze, baie dankie dat julle van ons verblyf gebruik gemaak het. Ek waardeer jou terugvoer. Groete Elmarie

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Elmarie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 3

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf
Vanaf R 1 750
per nag, vir 4 mense
Vanaf
R 1 750
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dolfynstraat 4, Heroldsbaai, George, 6615, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9f69755591f59e11ce53f21e9cc74ea160226400a9deacdb57030f2e994b4ce33e36843140e3870d45a8c3e967a0d4d7d505?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 750 per nag, vir 4 mense 3 5 1 5 4 Dolfyn Street Herold's Bay 6615 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -34.049552318627 22.401036024057

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang