The Tokyo 807
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Loopstraat 87, Kaapstad Middestad, 8000, Wes-Kaap
- Vanaf R1 250 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
The Tokyo 807 is 'n sjiek en moderne selfsorg-vakansiewoonstel in Loopstraat in die hartjie van Kaapstad se middestad. Dit kan die ideale opsie vir toeriste of sakereisigers wees aangesien dit in die Moederstad se vermaak- en sakedistrik is.
Hierdie woonstel het lugversorging, 'n oopplan-ontwerp en bied slaapplek aan 2 gaste. Daar is 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die leefarea het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, Nespresso-masjien, eetgerei, breekware en 'n wasmasjien toegerus is. Die kombuis lei na die knus sitarea met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV teen die muur. Daar is ook 'n lessenaar en WiFi.
Gaste het toegang tot die gemeenskaplike gimnasium en die lieflike dak-area met 'n randvloeiswembad en 'n panoramiese uitsig oor die stad en op Tafelberg en Leeukop. Daar is ook 'n buitebraai op die dak wat gaste kan gebruik.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Host Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 776
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Loopstraat 87, Kaapstad Middestad, 8000, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Loopstraat 87, Kaapstad Middestad, 8000, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang