Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Townhouse

Gastehuis
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Cradockstraat 51, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 950 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

The Townhouse is in die historiese dorpie Graaff-Reinet in 'n stil straat, net langs een van die hoofstrate van dié historiese dorp, geleë. Dis 'n historiese gebou met al die oorspronklike afwerkings, soos geelhoutvloere en 'n mooi, uitgebreide tuin met 'n groentetuin en vrugtebome.

Verblyf beskik oor 4 slaapkamers met slaapplek vir 6 volwassenes en 1 kind. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, die tweede en derde slaapkamer het 'n dubbelbed en die vierde slaapkamer het 'n enkelbed wat geskik is vir 'n kind. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n yskas-vrieskas, 'n stoof en oond en koffie- en teemaakgeriewe. Die leefkamer het gemaklike rusbanke en 'n kaggel vir daardie koue winternagte.

Buite is daar 'n groot veranda met gemaklike buitemeubels en braaigeriewe.

The Townhouse is net 'n klein entjie se stap van die winkels, museums, en restaurante af. Die eienaar se plaas is net buite Graaff-Reinet waar jy kan voëlkyk, stap, bergklim, en skemerkelkies geniet mits dit vooraf gereël word.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 1 persoon
1 xKinderbed vir 1
Badkamer 1

Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet
Badkamer 3

Stort, Toilet

Kenmerke

Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 36 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.4
Veiligheid
4.6
Wat gaste dink
Mellisa K
Besigheidsreis
5.0
Great. Geen probleme nie, fantastiese plek.
Nov 2023
Neels L
Saam met vriende
5.0
Pragtige skoon huis, lekker gebly. Pragtige skoon huis, lekker gebly.
Sep 2023
Hanlie M
Saam met vriende
5.0
Heerlike kuier saam vriende. Heerlike kuierstoep en omdat huis ruim is, het almal tog hul privaatheid gehad.
Apr 2023
Anne F
Besigheidsreis
4.8
Peaceful and beautiful. Comfortable and easy. Good communication. Lovely garden and outdoor space. Such an oasis on our business trip.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2023
Linda V
4.6
Pragtig gastehuis, groot met heerlike stoep en pragtige tuin. Pragtige pragtige tuin, heerlike koel kamer wat baie help as dit 38 grade buitekant is. ...
Sien meer
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Nilene Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 217

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Cradockstraat 51, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Gaste dink The Townhouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 950
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R1 950
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Cradockstraat 51, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfbfd904eca688f376bb7e03ac5ebc05c9a5ecb661622a2a283f915559ea73d7edf5dfc3df44a51368a4dc15d957b2cb642d1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 950 per nag, vir 6 mense 36 5 1 5 51 Cradock Street Graaff-Reinet 6280 Oos-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 09:00 -32.249708389445 24.531037991402

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang