The Ultimate Beachfront Home
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Umvoti-straat, Blythedale, 4449, KwaZulu-Natal
- Vanaf R5 300 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
The Ultimate Beachfront Home is 'n dubbelverdiepinghuis in 'n kompleks in Blythedale Beach met 'n ongelooflike see-uitsig. Die kompleks het 24 uur-sekuriteit en 2 afstandbeheerhekke wat direkte toegang bied tot 'n lang, ongerepte strand met 'n swemkanaal.
Die strandhuis is elegant en ruim en het 4 slaapkamers met hul eie badkamers. Daar is 2 slaapkamers met koninggrootte-beddens en die ander twee het 2 enkelbeddens elk.
Daar is 2 swembaddens - 'n binneswembad en 'n randvloeiswembad buite met 'n uitsig oor die see. Die oopplan-kombuis en -eetarea lei na 'n onderdakstoep waar die randvloeiswembad is. Langs die kombuis is 'n aparte sitarea wat lei na die buiteswembad, nog 'n onderdakstoep en die binneswembad. Die kombuis is met 'n dubbelyskas-vrieskas, gasstoof en oond toegerus. Ander geriewe sluit 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, platskerm-TV met sekere DStv en lugversorging in.
Die huis het 'n kroeg en speletjieskamer met tafeltennis. Die grasperk het 'n elektriese heining en direkte toegang to die strand. Daar is ook 'n dubbelmotorhuis met outomatiese deure, en nog onderdakparkeerplek vir 4 voertuie.
Die swemstrand met haainette en lewensredders is 'n entjie verder suid, stapafstand van die kompleks af.
Blythedale is 'n rustige dorpie wat net in die Feestyd besig raak en dus ideaal is vir diegene wat uit die stad wil wegbreek. Die strand is privaat en geskik vir branderplankry en visvang. Blythedale het ook 'n kafee, restaurant met 'n kroeg, en 'n koffiewinkel.
Daar is verskeie gholfbane in die omtrek, soos Princess Grant (7 km), Umhali Country Club en Simbithi Country Club wat albei sowat 20 km van die kompleks af is.
Gaste kan gaan inkopies doen en uiteet by Gateway Mall en Ballito Junction and Lifestyle Center sowat 20 km van die kompleks af. Daar is ook 'n nuwe winkelsentrum op pad na Stanger en gaste kan King Shaka se gedenkteken, sowat 7 km se ry weg, besoek.
Blythedale is naby die St Lucia Wêrelderfenisgebied en 'n uur verder noord is die Hluhluwe Imfolozi Wildreservaat.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Elsie Geverifieer
Eiendomme 15
Resensies 27
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Umvoti-straat, Blythedale, 4449, KwaZulu-Natal
- Gaste dink The Ultimate Beachfront Home het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Blythedale Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Umvoti-straat, Blythedale, 4449, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang