The View
Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
-
Kapasiteit: 7 persone
6 volwassenes, 1 kind - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 14:00 - Adres: Glengariff 2, Glengariff, 5259, Oos-Kaap
-
Vanaf
R3 800R3 420 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
The View is in Glengariff op die Wildekus tussen Oos-Londen en Chintsa. Die verblyf word in die hele onderste verdieping van die residensiële gebied. Die eienaars woon op die boonste verdieping. Die huis spog met 'n pragtige see-uitsig.
Dié huis beskik oor 3 slaapkamers waarvan 1 en suite is. Die ander 2 slaapkamers deel die tweede badkamer. Daar is bad- en stortgeriewe beskikbaar. Twee van die kamers het elk 'n koningingrootte-bed en die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens en daar is 'n slaapbank vir 'n kind. Die eenheid beskik oor 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea, asook 'n stoep en 'n dek vanwaar gaste die see-uitsig kan geniet.
Die kombuis is met 2 yskaste, oond met 'n suigwaaier, gasstoof, mikrogolf, lugbraaier, en 'n koffiemasjien toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser. Die sitarea het 'n TV met DStv Premium en WiFi. Daar is 'n dek met braaigeriewe en veilige parkeerplek.
Die perseel is 300 m vanaf die pragtige swemstrand. Glengariff is 'n klein kusdorpie waar gaste net kan ontspan. Die eenheid is naby die supermark, 'n apteek en restaurante. Daar is ook wildplase in die area en Oos-Londen Lughawe is 40,9 km vanaf die instansie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Kinderbank vir 1
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Lynn Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Glengariff 2, Glengariff, 5259, Oos-Kaap
- Gaste dink The View het ’n uitstekende ligging
-
Kapasiteit: 7 persone
6 volwassenes, 1 kind - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 14:00 - Adres: Glengariff 2, Glengariff, 5259, Oos-Kaap