Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Villa Salt Rock

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Garden-weg 8, Salt Rock, Ballitoville, 4420, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

The Villa Salt Rock is 'n semi-losstaande eenheid wat aan die subtropiese Dolfynkus in die ongerepte kusdoprie Salt Rock geleë is. Hierdie villa is net 200 m van Salt Rock se hoofstrand af.

Die villa is modern gemeubileer en het 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n leefarea en 'n onderdakstoep. Die ruim hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, luukse linne en sagte veerkussings. Hierdie slaapkamer het aparte dubbeldeure na die tuin.

Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens met gehaltelinne en veerkussings. Albei slaapkamers het lugversorging en rakspasie.

Die gedeelde badkamer het 'n stort, 'n wasbak en toilet. Alle linne, bad- en swemhanddoeke word voorsien.

Die leefarea is oopplan en die kombuisie is goed toegerus vir selfsorg met 'n gas- en elektriese stoof, dubbeldeuryskas, Nespresso-koffiemasjien, skottelgoedwasser en wasmasjien. Daar is gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV met DStv-pakket en Netflix in die sitarea. Daar is onbeperkte WiFi deur die huis en die leefarea se deure lei na 'n pragtige tuin.

Die eiendom is nie sigbaar van die straat of strand af nie en 'n natuurlike stroom vloei deur die tuin. Daar is 2 onderdakstoepe, een met sitplek en 'n eetarea en die ander een met 'n braai-area.

Daar is ook 'n orgideë-huisie. Gaste het toegang tot die hele selfsorg-villa, swembad, swembaddek en trampolien. Veilige parkeerplek word ook voorsien. Die eiendom het laserstraal-sekuriteit en Roboguard.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  • Diens op aanvraag
  • Koordlose internet

Badkamer

  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Verekombers

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 31 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Daniel J B
Gesin met tieners
5.0
Fantasties! Komplimente aan julle en Ian by The Villa Salt Rock. Wow, die beste ooit. Dit was wonderlik en beter as wat ons verwag het.
Aug 2024
Bev And Eric W
Saam met lewensmaat
5.0
Loved every moment. Beautiful villa, enjoyed our stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2024
Lynette D
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker. Sal beslis weer daar inboek. Pragtige huisie, netjies en skoon. Baie mooi tuin. The host is baie behulpsaam en vriendelik.
Jan 2024
Tia S
Saam met lewensmaat
5.0
Ons sal definitief terug wees. Pragtige blyplek met alles waaraan jy kan dink om gemaklik te bly. Wonderlike tuine en ontspanningsareas.
Nov 2023
Mia Mari O
Gesin met klein kinders
5.0
Absolutely fantastic. Very peaceful and beautiful garden!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Ian Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 31

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Garden-weg 8, Salt Rock, Ballitoville, 4420, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink The Villa Salt Rock het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Garden-weg 8, Salt Rock, Ballitoville, 4420, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA76fb1e79d393f914a7f83a9ab92a90e1e23205016f0744d69dbdd282639d6f346f56eed0cc483bb3b3c5e31536ac067ea258?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4) 31 5 1 5 8 Garden Road Salt Rock 4420 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-22:00 11:00 -29.504625015545 31.233468309193

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang