The White House
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: East-straat 14, Observatory, Johannesburg, 1924, Gauteng
- Vanaf R800 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
The White House is 'n dubbelverdiepinghuis uit die 1950's. Dié oorspronklike huis skuil in 'n veilige area agter 'n sperboom in Observatory, naby Bedfordview, Eastgate en Houghton. Die eiendom is smaakvol gemeubileer en spog met glimmende parketvloere, groot staalraamvensters waarby die son instroom, 'n trap van smeedyster, en 'n patio met 'n panoramiese uitsig oor Johannesburg. Dis die ideale verblyf vir sakereisigers, paartjies wat op soek na 'n kort wegbreek, of oorsese toeriste wat Johannesburg besoek.
Ons bied verblyf in 6 slaapkamers. 4 van die kamers het en suite-badkamers. Daar is 2 ekstra badkamers. Beddegoed en handdoeke is ingesluit. En die WiFi is blitsvinnig. Die hele huis kan gehuur word vir groepe van 12.
Die onderste verdieping bestaan uit 'n ruim oopplan-sitkamer, studeer- en eetarea met 'n Morso-kaggel, en 'n aparte TV-kamer. Die spoggerige kombuis het al die toebehore en breekware wat jy benodig, en daar is 'n aparte opwaskamer met 'n skottelgoedwasser. Daar is ook 'n aparte waskamer met 'n wasmasjien en tuimeldroër.
The White House het 'n groot swembad, kuierstoep, en 'n lowerryke tuin. Die puik sekuriteit sluit 'n alarmstelsel, elektriese heining, laserstrale en paniekknoppies in.
Was- en strykdiens beskikbaar op versoek en teen ekstra kostes.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Gina Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 32
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- East-straat 14, Observatory, Johannesburg, 1924, Gauteng
- Gaste dink The White House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Observatory Johannesburg Gauteng
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: East-straat 14, Observatory, Johannesburg, 1924, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang