Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The White House

Selfsorg
Spesiale Aanbod 33% af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Geldig vir verblyf vanaf 3 Sep 2024 tot 30 Nov 2024.

  • Kapasiteit: 23 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Crest-weg 87, Pearly Beach, 7220, Wes-Kaap
  • Vanaf R7 000 R4 667 per nag (plek vir 23)

Beskrywing

The White House is 'n groot selfsorg-vakansievilla wat ideaal is vir groot groep-wegbreekplekke, spanbou-geleenthede, skooltoere of enige ander viering aan die kus van die Overberg. Die huis spog met lieflike see-uitsigte en 'n swembad op die perseel. Dit is net 400 m van die strand af.

Die boonste verdieping lei na 'n groot balkon met 'n see-uitsig, sitplek, 'n ingeboude braai, 'n pooltafel en veerpyltjiebord (gaste moet hul eie veerpyltjies saambring). Die grondvloer lei na 'n lieflike swembadarea met nog 'n ingeboude braai.

Die villa bied slaapplek aan 23 gaste en beskik oor 6 slaapkamers, 5 badkamers asook 'n gastetoilet.

Die groot oopplan-leefarea beslaan die boonste verdieping van die villa en het 'n kombuis wat toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, 3 yskaste, 2 vrieskaste, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ingeboude braai en 'n braairooster word voorsien (sowel as gietysterpotte). Dit lei na die sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV. Gaste kan hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die huis het 'n kragopwekker wat tydens beurtkrag aangeskakel kan word.

Verder is daar oorgenoeg eetplek en 'n kaggel op die onderste verdieping.

Die grondvloer bied 2 slaapkamers, elk met 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed. Daar is ook 'n dubbelslaapbank in die leefarea. Die badkamer op die onderste verdieping het 'n toilet en bad en daar is ook 'n aparte toilet.

Die tweede verdieping bied 4 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en toilet. Die derde kamer het 'n koningingrootte-bed, 'n dubbelbed, 'n slaapbank en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad en toilet. Die vierde kamer is lekker ruim en het 'n koningingrootte-bed, 'n dubbelbed, 'n enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en bad. Hierdie kamer het ook skuifdeure wat na 'n patio-area lei.

Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Kamer-opset

Kapasiteit: 23 Aantal kamers: 7 Aantal badkamers: 5
Slaapkamer 1
Plek vir 3 mense
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 4 mense
1 xKoningingrootte-bed
1 xDubbelslaapbank
Slaapkamer 4
Plek vir 5 mense
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoningingrootte-bed
1 xDubbelslaapbank
Slaapkamer 5
Plek vir 3 mense
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 6
Plek vir 3 mense
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoningingrootte-bed
Area 1
Plek vir 3 mense
1 xEnkelslaapbank
1 xDubbelslaapbank
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 3
Stort, Toilet
Badkamer 3
En-suite  - Slaapkamer 4
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 4
En-suite  - Slaapkamer 6
Stort, Toilet
Badkamer 5

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Resensies

3.7/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Goed

Netheid
3.0
Ligging
4.0
Waarde vir geld
4.0
Diens
3.7
Veiligheid
3.7

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Sanmarie Geverifieer

Eiendomme 23

Resensies 38

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Crest-weg 87, Pearly Beach, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink The White House het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R7 000
R7 000 R4 667
per nag (plek vir 23)
Vanaf R7 000
R7 000 R4 667
per nag (plek vir 23)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 23 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Crest-weg 87, Pearly Beach, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa4d29c2ab03d7df391653c1610f1bd040712f357124a1c1830516ae1371d2070238922c6cfcf679322ef55a92747d9bea2ad?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R7 000 nouVanaf R4 667 per nag (plek vir 23) 3 5 1 4 87 Crest Road Pearly Beach 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -34.660224246506 19.491864655225

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang