The Wild Edge - First Light Cabin
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Gouna-weg 106, Gouna, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Vanaf R3 500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
The Wild Edge - First Light Cabin bied die ideale woudwegbreek naby Knysna en dié selfsorghuisies is onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk. Die plaas spog met 'n rustige atmosfeer omring deur natuurskoon en is die perfekte geleentheid om af te skakel.
First Light Cabin het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoof- en tweede slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en daar is 2 enkelbeddens in die derde slaapkamer. Daar is 'n bad in die een badkamer en 'n stort in die ander. Skoon linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n ontbytarea met sitplek vir 2. Daar is ook 'n wasmasjien en die kombuis lei na 'n eetarea en 'n sitarea met gamaklike rusbanke.
Die houthuisie het 'n stoep met 'n warmbad, gemaklike buitemeubels, 'n braai-area en 'n vuurput. Gaste het ook toegang tot 'n gemeenskaplike swembad en verskeie staproetes op die perseel.
Simola Golf and Country Estate is 8,8 km vanaf The Wild Edge terwyl die Knysna Koppe 20 km ver is. Die naaste lughawe is Plettenbergbaai Lughawe wat 43 km ver is.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
- Patio
- Privaat ingang
Badkamer
- Bad
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Alison Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 3
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Gouna-weg 106, Gouna, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Gaste dink The Wild Edge - First Light Cabin het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Gouna-weg 106, Gouna, Knysna, 6571, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang