The Yard
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Marinda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 49
Op LekkeSlaap 6 jaar
Opsomming van Resensie
Catherine S - Sep 2024
Algehele gradering
Home away from home.
The Yard se terugvoer
Thank you, Catherine. It was lovely to have your family at The Yard, especially because we could see that you were enjoying your time with us. You are always welcome to visit us again.
Tina B - Apr 2024
Algehele gradering
Nice and central, comfortable and clean, very helpful and friendly hostess!
The Yard se terugvoer
Hi Tina,
Thank you for your kind review. It was lovely to accommodate you at The Yard. We hope to visit you soon in McGregor.
Eustace P - Apr 2024
Algehele gradering
Baie lekker, my vrou was net nie gemaklik met kameras in die gang en kombuis.
The Yard se terugvoer
Hi Eustace
Die kameras werk glad nie
Jammer dat dit julle gepla het. Ons sal plan maak om hulle te verwyder.
Erika F - Mrt 2024
Algehele gradering
Great.
The Yard se terugvoer
Ons het verlede jaar die laaste eenheid omkamp sodat elke eenheid nou diere-vriendelik is. Dit is wel belangrik dat ons gaste verstaan dat ons net klein tot medium honde kan huisves, aangesien die heinings net 1 meter hoog is.
Bernita T - Mrt 2024
Algehele gradering
Doel geskik.
The Yard se terugvoer
Hi Bert
Ons het geniet om jou by ons te ontvang op The Yard. Baie dankie vir jou geduld, liefde en ondersteuning. Ons dink aan jou te midde van jou moeilike situasie.
Yolande B - Apr 2024
Algehele gradering
Beknop maar netjies en skoon.
The Yard se terugvoer
Hi Yolande
'The Yard' word geadverteer as 'Urban Farmstyle Accommodation'.
Ons passie is om oudhede te vernuwe en (kreatief te verander) om dit bruikbaar te maak. Meeste van ons gaste verkyk hulle aan die dinge wat ons hier her-gebruik en geniet die feit dat alles nie klinies is nie, maar eerder oorspronklik en uniek.
Elke mens se smaak verskil en ons respekteer dit.
Sonnia F - Des 2023
Algehele gradering
Sal weer daar wil bly.
The Yard se terugvoer
Hi Sonnia,
Dankie vir die tyd en moeite wat jy geneem het om vir ons 'n resensie te skryf.
Bly julle het julle verblyf by ons geniet!
Abbigail D - Okt 2023
Algehele gradering
Veilig en naby aan winkelsentrum asook die strand.
The Yard se terugvoer
Hi Abbigail
So bly julle het die kuier geniet ten spyte van die erge wind wat ons oor daardie dae gehad het.
Yolanda L - Mrt 2023
Algehele gradering
Rustig.
Reinardt P - Jan 2023
Algehele gradering
Baie gerieflik en ruim.
Geoffery H - Apr 2023
Algehele gradering
Die kamer kort 'n verf, stort mors water buite stortarea.
The Yard se terugvoer
Hi Geoffery
Sjoe, jy het my nou amper laat skrik. Ek dog die messeware en borde is gesteel.
Maar gelukkig, toe ek die kas oopmaak, is alles nog veilig binne-in. Ons het gedink dit is netjieser om die breekware in die kas te pak.
Wat die mure aanbetref, ons het 'n "rustic" voorkoms en daarom het ons die mure "gebag". Ek verstaan dat dit nie almal se smaak is nie.
Wat die stortwater aanbetref - dankie dat jy ons in kennis gestel het - ons sal hieraan aandag gee.
Jahni D - Des 2022
Algehele gradering
'n Weggesteekte juweel.
The Yard se terugvoer
Hi Jahni
So dankbaar dat julle lekker hier gekuier het.
Ons probeer om dit so maklik en veilig as moontlik te maak vir julle en die dierekinders.
Cherilee N - Des 2022
Algehele gradering
Rustig.
The Yard se terugvoer
Hi Cherilee
Ons is bly dat julle dit by die Cottage geniet het.
Gerrit L - Des 2022
Algehele gradering
Dit was waarde vir geld en alles het aan my verwagtinge voldoen asook die vriendelike wyse waarop Marinda my navrae beantwoord het.
The Yard se terugvoer
Hi Gerrit
Baie dankie dat julle by ons oorgebly het.
Baie seen vorentoe op julle pad.
Jeanetha B - Des 2022
Algehele gradering
Uitstekend.
The Yard se terugvoer
Dit was heerlik om jou en jou honde by ons te huisves.
Dankie ook vir jou bydrae met raad, daad en voorstelle.
Hoop ons sien julle binnekort weer.
Leon W - Jun 2022
Algehele gradering
Sentraal geleë, netjies en alles wat ons nodig gehad het.
The Yard se terugvoer
Hi Leon,
Dis gaaf dat julle hier by ons oorgebly het en ons hoop om weer te sien.
Jeanne S - Mei 2022
Algehele gradering
Fabulous hosts, clean with everything needed and perfect for the dogs.
The Yard se terugvoer
Hi Jeanne, thank you so much for your lovely review. It was great getting to know you a little better. Hope to see you back at The Yard soon.
Chantel K - Mei 2022
Algehele gradering
Sentraal, bekostigbaar, basiese skoon geriewe, veilige parkering, baie vriendelike diens.
Lees meerThe Yard se terugvoer
Hi Chantel, dit was heerlik om julle hier te huisves en ek moet jou komplimenteer dat jy 'n pragtige skryfstyl het. Jammer oor die gewerskaf hier so vanaf 08:00. Daar is maar altyd 'n paar werkies wat op die jaard gedoen moet word sodat alles mooi in stand gehou word.
Chelsey B - Jan 2022
Algehele gradering
Rustig. Veilig.
Laeeqa T - Jan 2022
Algehele gradering
Baie aangenaam.
The Yard se terugvoer
Hi Laeeqa, so bly julle het dit hier geniet. Dis presies wat ons vir mense wil bied; 'n hawe van rus!
Willem N - Jan 2022
Algehele gradering
Vinnig en gemaklik.
Paleho K - Des 2021
Algehele gradering
Awesome. value for money. clean and friendly.
The Yard se terugvoer
Thank you so much Paleho, it was a pleasure having you here!
Murray A - Sep 2021
Algehele gradering
Excellent and very friendly.
The Yard se terugvoer
Thank you Murray for staying with us and your lovely review. All the best going forward.
Andre V - Des 2021
Algehele gradering
Ek het heerlik gebly by The Yard!
The Yard se terugvoer
Baie dankie Lilo - bly dit het alles vir jou so lekker uitgewerk.
Dirk K - Jan 2020
Algehele gradering
Baie lekker.
The Yard se terugvoer
Dit was baie lekker om julle hier te hê. Ons wens julle net die beste met julle nuwe huis hier in Gordonsbaai.
Karen D - Okt 2020
Algehele gradering
Pragtige plekkie, gasvrou baie hulpvaardig.
The Yard se terugvoer
Hi Karen
Dit was baie lekker om julle hier by ons te ontvang.
Wat 'n voorreg dat jy so 'n lekker toertjie saam met jou pragtige moeder kon doen.
Ons hoop om julle binnekort weer hier te sien.
Leinadu A - Sep 2020
Algehele gradering
Daar was niks kort nie.
The Yard se terugvoer
Baie dankie Leinadu.
Christelle G - Des 2019
Algehele gradering
Die verblyf by The Yard was baie gerieflik.
The Yard se terugvoer
Baie dankie dat julle alles so mooi skoon gelos het. Honde-kinders en al. Ons waardeer dit.
Marilou S - Sep 2019
Algehele gradering
Aangenaam en rustig.
The Yard se terugvoer
Baie dankie Marilou, ons hoop ons sien julle weer in die nabye toekoms.
Kathleen B - Aug 2019
Algehele gradering
Wonderlike diens en ervaring.
The Yard se terugvoer
Baie dankie Kathleen.
Hester M - Aug 2019
Algehele gradering
Wow! Kon nie vir iets beter vra nie.
The Yard se terugvoer
Baie dankie Hester, dit was heerlik om julle hier te kon hê.
Jackie K - Feb 2019
Algehele gradering
Dit was die mooiste plekkie waarin ek nog gebly het.
Lees meerThe Yard se terugvoer
Baie dankie Jackie. Ek hoop dit gaan nog baie goed met die pas getroudes.
Hugo V - Feb 2019
Algehele gradering
Fantasties.
The Yard se terugvoer
Hi Hugo
Dit was heerlik om vir jou en Letitia hier te ontvang. Hoop ons sien julle binnekort weer. Hopelik in die Cottage hierdie keer.
Engela M - Jan 2019
Algehele gradering
Gasvry en waarde vir geld.
The Yard se terugvoer
Beste Engela,
Dit was heerlik om julle as gesin met jul oulike Biewer Yorkie by The Yard te ontvang. Ons wil ook dankie sê vir al jul liefde en die pragtige bos blomme!
Vriendelike groete van ons almal by The Yard.
Farren M - Mei 2019
Algehele gradering
Baie lieflik.
The Yard se terugvoer
Hi Farren,
Bly jy kon bietjie wegbreek en sterkte met jou studies vorentoe.
Elzet B - Jul 2019
Algehele gradering
Heerlik, aangenaam en gerieflik.
The Yard se terugvoer
Baie dankie Elzet, ons hoop om julle weer in die toekoms hier te ontvang.
Trevor D - Apr 2019
Algehele gradering
Fantasties. Als wat ons wou hê!
The Yard se terugvoer
Baie dankie Trevor, dankbaar dat julle 'n positiewe ervaring by ons gehad het. Hoop om julle gou weer hier te sien.
Karel B - Aug 2019
Algehele gradering
Baie rustig.
The Yard se terugvoer
Dankie Karel, dit was lekker om julle hier te hê.
Jamie Lee B - Feb 2019
Algehele gradering
Fantasies en baie gerieflik.
The Yard se terugvoer
Beste Jamie Lee,
Hoop ons sien julle gou weer en dat Die Cottage hierdie keer vir julle beskikbaar sal wees!
Groete,
Marinda
Christo O - Okt 2019
Algehele gradering
Baie netjies en ongelooflik rustig.
The Yard se terugvoer
Plesier Christo.
Wilma B - Jul 2019
Algehele gradering
Netjies, skoon en gerieflike verblyf.
The Yard se terugvoer
Baie dankie vir jou voorstelle Wilma, ons werk hieraan.
Naamborde is al lankal op ons lys, maar omdat ons dit uniek wil hou aan die omgewing, kon ons nog nie finaal besluit wat om te gebruik nie, maar dit is prioriteit vir 2020.
Met die TV het ons 'n beginsel besluit geneem dat ons geen TV's op The Yard gaan inbring nie.
Ons leef al vir 16 jaar sonder dit en wil graag hê ons gaste moet die rustigheid, en die lieflike natuurskoon in ons omgewing beleef. Die stilte help ook vir beter kommunikasie en kwaliteit kuiers, waarvoor ons so min deesdae kans kry.
Maarten E - Okt 2018
Algehele gradering
Netjies, skoon, baie stil, waarde vir geld.
The Yard se terugvoer
Hi Maarten,
Ons het geniet om jou hier te ontvang. Hoop om jou binnekort weer te sien.
Melain F - Okt 2018
Algehele gradering
Uitmuntend toegerus.
The Yard se terugvoer
Hi Mylene,
Baie dankie dat julle so goed ingepas het by The Yard. Julle was so stil soos muise en ons waardeer dat julle so mooi na ons plekkie gekyk het.
Vriendelike groete van ons almal by The Yard.
Leigh H - Okt 2018
Algehele gradering
A hidden gem!
The Yard se terugvoer
Hi Leigh,
Thank you very much for choosing to stay at The Yard. We are grateful that you have enjoyed your stay and hope to see you here again soon.
Sus D - Sep 2018
Algehele gradering
Pragtige, uitstekende verblyf, baie gasvry ontvang.
The Yard se terugvoer
Hi Sus,
Dit was heerlik om julle hier by The Yard te ontvang. Dankie vir julle rustigheid en die raad oor die instellings vir die geyser. Ons hoop om julle gou weer hier te ontvang.
Carol S - Sep 2018
Algehele gradering
Baie gerieflik en sentraal geleë.
The Yard se terugvoer
Hi Carol
Baie dankie vir jou terugvoering. Ek is bly julle het dit geniet hier by ons.
Charmaine B - Des 2018
Algehele gradering
Netjies en naby die strand.
The Yard se terugvoer
Hi Charmaine,
Dit was heerlik om vir julle en Diesel by The Yard te kon ontvang. Mag julle baie wysheid en seën op die pad vorentoe geniet.
Ons mis julle al klaar.
Hanno B - Okt 2018
Algehele gradering
Heerlik
Johan G - Des 2018
Algehele gradering
Die verblyf is goed vir een aand.
Lees meer- Kapasiteit: 18 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Roosstraat 20, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang