Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

TheLAB Robertson

Winteraanbod 20% af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Mei 2025 tot 31 Aug 2025.

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 42 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Klaasvoogds-Wes, Robertson, 6705, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 980 R1 584 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

theLAB Robertson is 'n Kaaps-Hollands-styl gastehuis in kleindorpie Klaasvoogds-Wes. Dit is langs die R60 tussen Robertson en Ashton geleë en net 160 km van Kaapstad af.

Die theLAB-kamers spog met die perfekte kontras tussen die pragtige platteland, die geskiedkundige Kaap-Hollandse geboue en eko-kamers met moderne geriewe en hoëvlaktegnologie. Elke kamer het lugversorging, 'n TV met Netflix, 'n yskassie en koffie- en teemaakgeriewe.

Die kamers se outomatiseer-stelsels sal ongetwyfeld die hoogtepunt van die wegbreek wees. Dit stel gaste in staat om hul kamers met hul stemme te beheer. 'n Paar van die kamers het ook privaat Jacuzzi's wat teen 'n ekstra koste gebruik kan word.

theLAB Robertson spog met 'n buitekroeg in 'n skaduryke area langs die swembad met 'n verskeidenheid drankies. Ontspan in die randdvloeiswembad op die dek en bewonder die uitsig oor die dam waar 'n rits voëlspesies baljaar, sowel as oor die wingerd en boorde.

Middagete en aandete word in die restaurant bedien. Die Wellness Cabin is teen die oewer van die dam en bied 'n verskeidenheid behandelings. Die terapeut kom slegs in vir afsprake. Konferensiegeriewe is beskikbaar in die theHUB-konferensiekamer vir 20 gaste waar hulle die uitsig vanuit die kamer en die moderne 55" Microsoft Surface HUB kan geniet.

Die geriewe sluit die huur van fietse en e-bromponies in, asook 'n gratis laaistasie vir elektriese voertuie.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 41 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Maria Johanna Mariette L
Gesin met klein kinders
5.0
Goeie diens, lekker kos, lekker geslaap. Die werkers was ongelooflik vriendelik en hulpvaardig. Mr B, Prince, Ruzaan, Sadie en Vincent het ons elke da...
Sien meer
Des 2024
Renee' M
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike ondervinding, bly plek skoon, netjies en personeel vriendelik, kos heerlik. Absoluut heerlik, bly plek netjies, personeel vriendelik en kos s...
Sien meer
Sep 2024
Marvin A
Saam met lewensmaat
4.8
Amazing. Great stay! Very nice place.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024
Nicole D
Saam met lewensmaat
4.6
Peaceful. Very well rested. No lunches served on Fridays; that was not communicated in advance. Non-slip mat for walk-in shower.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Jac A
Saam met lewensmaat
4.2
Lekka. Bit steep on value for money but we still loved our stay. Only had the breakfast the next morning so can't comment too much on t...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Rita Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 44

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Klaasvoogds-Wes, Robertson, 6705, Wes-Kaap
  • Gaste dink TheLAB Robertson het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 980
R 1 980 R 1 584
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 980
R 1 980 R 1 584
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 42 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Klaasvoogds-Wes, Robertson, 6705, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7ef547cf35652b9eec3af57b6d27965956e7589c37c9481f561fb0389311a6b1a973f4c0c36c07e6aaef50b733c166f5a190?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 980 nouVanaf R1 584 per nag, vir 2 mense 41 5 1 5 Klaasvoogds West Robertson 6705 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 11:00 -33.80173 19.988492

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang