Thobeka Lodge
- Kapasiteit: 57 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kosibaaipad, Kosibaai, Manguzi, 3973, KwaZulu-Natal
- Vanaf R400 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Thobeka Lodge is 'n ongekunstelde selfsorg-lodge net langs die P522 in Kosibaai, 6,5 km vanaf Manguzi, 14 km vanaf die Farazela-grenspos na Mosambiek en 22 km vanaf Kosibaai.
Verblyf word aangebied in 'n verskeidenheid dubbelkamers, slaapsale en gesinskamers. Elke kamer is geskakel met 'n houtwandelpaadjie. Hier het gaste privaatheid en die ruimte om hul skoene uit te skop en ononderbroke ontspanning te geniet. Elke eenheid het 'n gemaklike bed, muskietnet en waaier vir warm, lui middae en soel Afrika-aande.
Die gemeenskaplike kombuis is goed toegerus vir selfsorg met kombuisware, breekware, yskaste, tee- en koffiemaakgeriewe en suiker. Warm storte en toilette word ook voorsien en ons kan 'n wasgoeddiens lewer teen 'n klein ekstra koste sodat jy darem skoon klere kan aantrek na 'n lekker warm stort.
Langs die kroeg is die swembad in geval jy graag wil afkoel na aan jou volgende koue bier. Die braaigeriewe is ook langs die swembad en ook net 'n hanetreetjie van die kroeg af, so jy kan lekker swem, bier drink en die vryheid wat Thobeka bied geniet.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Maryna Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Kosibaaipad, Kosibaai, Manguzi, 3973, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Thobeka Lodge het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 57 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kosibaaipad, Kosibaai, Manguzi, 3973, KwaZulu-Natal