Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Thokozani Lodge

Gastehuis
Op die Nippertjie-aanbod 20% af

Kry 20% af op alle besprekings wat 7 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Geldig vir verblyf vanaf 16 Des 2024 tot 5 Jan 2025.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Jatingaweg 103, Witrivier, 1240, Mpumalanga
  • Vanaf R890 R712 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Thokozani Lodge is 'n klein, plattelandse, grasdak-gastehuis wat bekoorlike verblyf in 'n subtropiese tuin met yslike bome en palms bied. Die gastehuis bied ook 'n aangename, privaat familie-atmosfeer en is in die hartjie van die Laeveld, slegs 6 km van Witrivier af en net 30 minute se ry vanaf die Krugerwildtuin, geleë.

Die gastehuis bied verblyf in kamers en huisies met dubbelbeddens of 2 enkelbeddens. Al die kamers en huisies het en suite-badkamers en is met handgemaakte, ongekunstelde houtmeubels ingerig. Alle beddens het muskietnette om 'n rustige nagrus te verseker, en elke kamer het 'n aparte ingang en 'n lieflike uitsig oor die tuin. Geniet 'n ontbyt in die eetkamer of op die stoep in die tuin.

Die tuin is 'n paradys vir verskeie voëlspesies en gaste kan lieflike uitsigte oor die Witrivier-vallei geniet. Koel in die swembad af of ontspan op 'n sonstoel onder 'n rietafdakkie. Gaste kan ook gerus die plaas verken, of na die oewers van die Witrivier wandel. Hier kan jy jou oë oophou vir die voëls, akkedisse, muishonde, klip- en waterlikkewane, of net op die rotse lê en ontspan. Daar is verskeie speletjies beskikbaar, asook 'n biljartkamer. Geniet 'n drankie op die terras terwyl jy die sonsondergang dophou of sit langs die vuurput onder die sterre en luister na die geluide van die boskrieke of die geroep van die houtuil.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 35 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Elna B
Saam met lewensmaat
5.0
Plaas atmosfeer. Holger het ons baie welkom laat voel, die plekkie is netjies, en die skoon tuin is pragtig en rustig, 'n lekker plaas atmosfeer. Die ...
Sien meer
Sep 2024
Estee J
Saam met lewensmaat
5.0
Welcoming host with practical amenities. The host is exceptionally welcoming, offering personalised recommendations for places to visit...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Helena K
Saam met vriende
5.0
Fantasties. Thokozani Lodge is gelee op 'n pragtige goed versorgde kleinhoewe. My siel het sommer rustig geword.
Apr 2024
Antonette L
Gesin met tieners
5.0
Baie, baie lekker. Ons het baie lekker gebly, alles wat jy nodig het is daar. Sal definitief weer gaan.
Mrt 2024
Michael D
Saam met lewensmaat
4.8
Had a very pleasant stay. Not to mention the summer weather. Great weather as always in this area. We were warmly received. The facilit...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Holger Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 35

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Jatingaweg 103, Witrivier, 1240, Mpumalanga
  • Gaste dink Thokozani Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R890
R 890 R 712
per nag, vir 2 mense
Vanaf R890
R 890 R 712
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 18 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Jatingaweg 103, Witrivier, 1240, Mpumalanga
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA71127b908827ad0cf0e408e66486d18418421eddaeaf9b0af6c8194e3e89544951b3ed7693b489ec32d8a272e2756c3a6c15?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R890 nouVanaf R712 per nag, vir 2 mense 35 5 1 5 Jatinga Road 103 White River 1240 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -25.329566036531 31.064605860119

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang