Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Thornsprings

Selfsorg
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 14 persone
    10 volwassenes, 4 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: N10, Thornsprings Plaas, 30 km vanaf Middelburg, 5900, Oos-Kaap
  • Vanaf R6 600 per nag, vir 10 mense

Beskrywing

Thornsprings is minder as 30 km vanaf Middelburg in die Oos-Kaap geleë en bied gehalteverblyf aan gesinne en groepe vriende. Dié sandsteenplaashuis is in 'n Herbert Baker-styl gebou met dik mure en 'n hoë plafon wat die kamers heerlik koel in die versengende somer en knus in die winter hou.

Dié huis het slaapplek vir 15 gaste en beskik oor 6 slaapkamers met en-suite badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde en vierde slaapkamer het elkeen 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die vierde slaapkamer het ook 'n buitestort. Die vyfde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die sesde slaapkamer het 3 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die selfsorgkombuis is met 'n yskas, gasoond en -stoof, mikrogolf en 'n koelkamer toegerus. Daar is ook 'n ysmasjien, Nespresso-koffiemasjien, vrieskas en binnebraaigeriewe beskikbaar.

Ander geriewe sluit WiFi, 'n pizza-oond en 'n uitsig oor die groot swemdam in.

Plaaspaaie kan met 'n 4x4-voertuig verken word en bied ook die geleendheid vir stap- of bergfiets-avonture.
'n Wye verskeidenheid voëls lok vele kenners, en die plaas het ook 'n groot aantal wild wat gesien kan word.

Die pragtige en unieke huis bied 'n spesiale wegbreek aan gaste wat die eenvoud van die lewe in een van die mees ikoniese landskappe wil beleef. Kom kuier en geniet lui-lekker dae en 'n hemelruim wat met sterre belaai is saam met vriende en familie. Daar is nie 'n beter plek om van die gedruis van die stad te vergeet nie, so kom skop jou skoene uit en neem die prag van die Karoo in.

Kamer-opset

Slaapplek vir 14 mense 6 Slaapkamers 6 Badkamers, 6 en suite

Slaapkamer

En suite

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

3

3 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Karen Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • N10, Thornsprings Plaas, 30 km vanaf Middelburg, 5900, Oos-Kaap
  • Gaste dink Thornsprings het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Karoo Oos-Kaap
Vanaf
Vanaf R 6 600
per nag, vir 10 mense
Vanaf
Vanaf R 6 600
per nag, vir 10 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
    10 volwassenes, 4 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: N10, Thornsprings Plaas, 30 km vanaf Middelburg, 5900, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAjf5PgLoY0LUgeZSBqLbn82H6lY6np2gmweuDiQ9K0N2IzyNp0e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R6 600 per nag, vir 10 mense 6 5 1 5 N10 Thornsprings Farm 5900 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -31.654914150515 25.19965146627

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang