Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Thorntree Lodge

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Portion 1177 Vyfhoek, , Potchefstroom, 2520, Noordwes
  • Vanaf R850 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Thorntree Lodge is 'n bosveldodge sowat 3 km van Potchefstroom se Bult, die Universiteit van Noordwes en 500 m van die Featherhill-trouvenue en -spa af.

Die lodge bied puik akkommodasie in 'n stil omgewing met voëllewe en wilde bokkies wat tussen die kamers wei.

Verblyf is beskikbaar in 5 semi-selfsorgkamers.

Daar is 2 semi-selfsorgkamers wat elk 'n privaat ingang, koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort het. Dié kamers het ook 'n mooi uitsig oor die bos, voëlbak en is naby die boma.

Die ander 2 semi-selfsorgkamers het elk 'n privaat ingang, 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die laaste semi-selfsorgkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die kamers is privaat.

Daar is ook staproetes vir besoekers wat soggens of laatmiddae 'n entjie wil gaan stap. Gaste kan ook heerlik braai by die boma en gebruik maak van die lapa-geriewe. Die geriewe is slegs vir gaste en bespreking moet vooraf met die eienaars gereël word. Houtskool en/of hout word nie voorsien by die lodge nie.

Die eenhede is ideaal vir enige geleentheid, sakereisigers, trougaste van 'n nabygeleë trouvenue af, ouers wat hul kinders by NWU besoek, of bloot net van die gedruis van die stad om 'n bietjie vars lug in te neem.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 95 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.5
Wat gaste dink
Magda M
Saam met lewensmaat
5.0
Gemaklik, en waarde vir geld akkommodasie. Dankie dat julle ons op die laaste nippertjie kon help met verblyf, asook om ons die laat inboek tyd tegemo...
Sien meer
Mei 2024
Louis B
5.0
Heerlik gebly in die natuur maar naby genoeg aan die universiteit. Die eenheid was netjies en skoon en ek het heerlik gebly.
Apr 2024
Jaco M
Saam met vriende
5.0
Was baie lekker bosveld gevoel! Gaan beslis in die toekoms weer gebruik. Die verblyf en fasiliteite was bakgat. Die buurman het ongelukkig tydige en o...
Sien meer
Mrt 2024
Charmaine M
4.8
Baie lekker. Ons het baie lekker gebly. Omdat ons 4 van die eenhede bespreek het, was dit lekker om 'n groot gemeenskaplike kombuis te hê.
Mei 2024
Eppo B
Saam met vriende
4.8
Heerlike verblyf naby aan Potch maar in die bosveld. Ons het baie lekker gebly, naby aan Potch maar nog steeds in die bosveld.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Rina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 95

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Portion 1177 Vyfhoek, , Potchefstroom, 2520, Noordwes
  • Gaste dink Thorntree Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R850
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R850
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Portion 1177 Vyfhoek, , Potchefstroom, 2520, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDNjMTU5NTM2LTYzMDgtNDQyNi1hM2M5LTA4MjljNDI3ZTc5ZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag, vir 2 mense 95 5 1 5 Portion 1177 Vyfhoek Dagbreek Landgoed 2520 Noordwes 021 201 8901 13:00-19:00 10:00 -26.654333989166 27.116580605507

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang