Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Three Birds Country House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Springstraat 5, Richmond, 7090, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 350 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Three Birds Country House skuil in die rustige dorpie Richmond langs die N1 in die Noord-Kaap. Die verblyf is halfpad tussen Kaapstad en Johannesburg en dis ideaal vir reisigers wat op soek is na oornagverblyf.

Die gastehuis bied 6 luukse suites, waarvan 1 'n gesinskamer is. Elke kamer het 'n en suite-badkamer, 'n TV met sekere DStv-kanale en tee- en koffiemaakgeriewe. Die beddens is opgemaak met katoenlinne, donsveer-duvets en hipo-allergeniese kussings.

Elke kamer het lugversorging en 3 van die kamers bied toegang tot die binnehof. Dié drie kamers is ideaal vir gaste met troeteldiere of diegene wat die Karoo-son en -sterre in privaatheid wil geniet. Troeteldiere is welkom teen 'n ekstra fooi en moet te alle tye aan 'n leiband wees. Diere word nie op die meubels toegelaat nie. Enige skade sal deur gaste verhaal moet word.

Three Birds Country House bied gratis WiFi en veilige parkeerplek op die perseel.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Televisie
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 116 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Wilma D
Saam met lewensmaat
5.0
Eersteklas gasvryheid. Baie skoon en hartelike gasvryheid.
Mei 2024
Wilma D
5.0
Gasvryheid uit die boonste rakke. My tweede keer maar beslis nie die laaste keer. My oase tussen Vrystaat en Robertson.
Mrt 2024
Wilma D
5.0
Gasvryheid en netheid uit die boonste rakke. Magda is 'n baie goeie gasvrou.
Mrt 2024
Ursula H
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflike verblyf halfpad Kaap toe! Baie lekker verblyf wat gerieflik was. Voorstelle wat die verblyf kan verbeter: 1. Vervang glasbottels met seep e...
Sien meer
Mrt 2024
Chenique B
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker. Baie netjies, ruim en mooi.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Janine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 116

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Springstraat 5, Richmond, 7090, Noord-Kaap
  • Gaste dink Three Birds Country House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 350
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 350
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Springstraat 5, Richmond, 7090, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAOgifIs0m7j9XHOAbEeZ7sd92OhnyeWOIO2dN2FTBhHWmCYESQN?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 350 per nag, vir 2 mense 116 5 1 5 5 Spring Street Richmond 7090 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -31.412053574348 23.948758291996

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang