Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Three Oaks and an Aloe

Gastehuis
  • Kapasiteit: 47 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cableway-straat, R514, Melodie, Hartbeespoortdam, 0216, Noordwes
  • Vanaf R2 760 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Aan die voorheuwels van die pragtige Magaliesberge wag 'n luukse en elegante toevlugsoord op jou. Three Oaks and an Aloe Boutique Hotel bied gaste 'n rustige wegkomkans, met fantastiese diens en pragtige geriewe.

Three Oaks and an Aloe Boutiqe Hotel het 17 luukse, goed ingerigte en ruim kamers. Elke kamer het sy eie tee- en koffiemaakgeriewe, 'n platskerm-TV, kroegie, privaat balkon met uitsigte oor die tuin en die Hartbeespoortdam, asook 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n groot stort. Die kamers is perfek vir 'n romantiese wegbreek, met opsionele ekstras soos die kamer wat romanties voorberei word en privaat etes; of vir 'n sakereisiger met min tyd word gratis internet, laat inkloktye en vroeë ontbyt voorsien.

Ons volledig toegeruste konferensiesaal bied sakelui 'n ruskans van hul alledaagse roetine. Three Oaks and an Aloe Boutique Hotel is net 45 minute se ry van Pretoria en Johannesburg af en is perfek geleë vir 'n vergadering of 'n spanbousessie. Die konferensiesaal kan 100 afgevaardigdes akkommodeer of kan in 2 kleiner venues verdeel word.

Dis nie net ons goeie diens en geriewe wat ons van ander instansies onderskei nie, maar ook ons heerlike kos. Ons sjef berei heerlike maaltye voor en is baie trots op sy werk - die bewyse is in die gehalte van die kos. Gaste van buite is meer as welkom om by ons aan te sluit vir ontbyt, middag- of aandete, maar moet vooraf bespreek.

Three Oaks and an Aloe Boutique Hotel is 'n 4-ster-gegradeerde instansie en spog ook met groot tuine, 'n elegante eetkamer, 'n groot swembad met sonstoele en sambrele, asook 'n volledige gelisensieerde kroeg.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 23 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.6
Veiligheid
4.6

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Dennis Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 23

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • Cableway-straat, R514, Melodie, Hartbeespoortdam, 0216, Noordwes
  • Gaste dink Three Oaks and an Aloe het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 760
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 2 760
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 47 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cableway-straat, R514, Melodie, Hartbeespoortdam, 0216, Noordwes
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGY3MTY3OTYxLTViNTYtNGJjZi05YjQwLWVkMGE1N2JjOTI0Ng?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 760 per nag, vir 2 mense 23 5 1 5 R514 Cableway Road Melodie 0216 Noordwes 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -25.723006 27.885113

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang