Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Three Tree Hill Lodge

Op die Nippertjie-aanbod 30% af

Kry 30% af op alle besprekings wat 7 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rhenosterfonteinplaas, Bergville, 3350, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R10 334 R7 234 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Three Tree Hill Lodge is 'n intieme lodge aan kant van 'n rotsagtige heuwel met 'n uitsig oor die Mfazimnyama-vallei van die Spioenkop Wildreservaat, en dit word deur 'n Anglo-Boereoorlog-slagveld omring. Die lodge is aan die voet van KwaZulu-Natal se Drakensberge waar die groen heuwels met akasiabome versier is wat 'n 'Out of Africa'-gevoel wek.

Verblyf is beskikbaar in Dubbel/2-enkelbedkothuise, die Kipling’s Gesinskothuis, Churchills Kothuis en Burchells Kothuis. Daar is 3 kothuise wat slaapplek aan 4 gaste bied, terwyl die ander 6 kothuise elk slaapplek het vir 2 gaste. Standaardkamergeriewe sluit tee- en koffiemaakgeriewe, 'n elektroniese kluis, gratis WiFi en 'n haardroër in.

Die ouwêreldse sit- en eetarea het 'n wye stoep en is die ideale omgewing waarin gaste net kan terugsit en die natuurskoon geniet. Etes word dikwels buite bedien waar gaste die uitsig saam met tuisgemaakte plaasetes kan geniet. Die hoofsitarea en eetarea word deur 'n kaggel verbind en die sitarea is met geskiedkundige memorabilia en 'n versameling Africana ingerig.

Daar is gratis WiFi in die Molly Blackburn-biblioteek wat meer as 3000 boeke het en daar is 'n ondergrondse wynkelder met 'n groot verskeidenheid Suid-Afrikaanse wyne. Privaat etes en wynproesessies kan op versoek hier gereël word.

Die lodge het 'n beskutte swembad, kroukiebaan, 'n uitkykdek, braaigeriewe en 'n speelarea vir kinders met 'n klimraam, springmat, hindernisbaan, sandput en 'n pophuis.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Wynkelder
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Alle Etes Ingesluit

Konferensiegeriewe

  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Skootrekenaar-projektor
  • Sekretariële Geriewe
  • Internet
  • Skuifie-projektor
  • Videospeler
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Diners-kaart
  • Kontant

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Cheryl Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • Rhenosterfonteinplaas, Bergville, 3350, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Three Tree Hill Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R10 334
R10 334 R7 234
per nag, vir 2 mense
Vanaf R10 334
R10 334 R7 234
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rhenosterfonteinplaas, Bergville, 3350, KwaZulu-Natal
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDJlZDE4ZDRkLTRmY2ItNGZkZi04MWU0LWY5NzhhM2YwNWMzYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R10 334 nouVanaf R7 234 per nag, vir 2 mense 1 5 1 5 Rhenosterfontein Farm Bergville 3350 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -28.661555555556 29.487111111111

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang