Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Threebees Guesthouse

Gastehuis

Resensies

3.8/ 5

Gebaseer op 79 resensies

Goed

Netheid
3.9
Ligging
4.3
Waarde vir geld
3.7
Diens
3.4
Veiligheid
4.0
Heiti B
1 nag Saam met lewensmaat
4.4
Des 2023

Ok. Het baie lekker geslaap, netjies en skoon. Bietjie moeilik vir mense met krukke. Enigste probleem was daar was niemand by ontvangs toe ons arriveer en geen eetgerei reg vir mense wat wou braai.

Netheid
5.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Hanlie B
Kort verblyf
2.2
Feb 2023

Geen voorsiening vir loadshedding nie, alles was donker gedurende loadshedding. Die plek het baie potensiaal maar dit word nie onderhou nie. Daar word geen onderhoud in die gastehuis gedoen nie. Die sleeper-tafels en -stoele op die kuierstoep is lendelam en kort aandag. Daar is niemand by ontvangs gedurende my verblyf nie. Die stort lek op die vloer en daar is kakkerlakke in die kaste. Die deure se slotte is los. Die ligging is uitstekend en dit kan 'n 4-ster plek wees indien daar aandag aan die onderhoud van die plek gegee word. Daar is 'n ou TV wat nie opvangs het nie.

Netheid
3.0
Diens
1.0
Ligging
3.0
Veiligheid
2.0
Waarde vir geld
2.0

Pau S
1 nag Saam met lewensmaat
4.6
Des 2022

Tevrede. Was 'n vooreg om by Threebees Guesthouse te kon bly. Hulle het ons tuis laat voel en mooi behandel.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Kaylin V
1 nag Saam met lewensmaat
4.0
Nov 2022

Dit was baie lekker. Ons het dit baie geniet. Daar is verskeie dinge om te doen vir plesier, Daar is 'n swembad, pooltafel, Tv kamer, ens. Dit was die moeite werd om daar te boek.

Netheid
5.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

John J
1 nag Saam met lewensmaat
4.0
Jun 2022

Was slegs in pretoria vir die aand. Oornag. Kamer was baie netjies. Personeel was vriendelik en het gehelp om goed te dra. Dankie baie. Enigste ding is die stort se deur wat nie reg is nie en die lugversorging werk nie. Hoop julle gee aandag daaraan.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Anonieme gas
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.8
Aug 2022

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
4.0

Annali D
1 nag
3.0
Jul 2022

Gemiddeld. Het 'n wyle by die hek gewag om oop te maak. Slegs 1 ontvangsdame aan diens, wat nie baie behulpsaam was nie. Daar was verwarring met my kamer wat ek bespreek het. Verder was sommige van die elektriese toebehore nie in werkende orde nie, soos die lugversorging en die ketel. Pragtige voorkoms, maar die inhoud kort baie aandag!

Netheid
5.0
Diens
2.0
Ligging
3.0
Veiligheid
2.0
Waarde vir geld
3.0

Adri B
1 nag
2.4
Jun 2022

Teleurgesteld in ons verblyf. Ek het eers 'n kamer bespreek vir my en my lewensmaat binne in die gastehuis. Een dag later verander ek dit na woonstel nommer 2, omdat ons reisreëlings verander het omdat sy seun van 14 toe saamreis. Met die aankoms gee Threebees Gastehuis ons toe die kamer en nie die woonstel nie! Daar moet ek hoor die woonstel word permanent uitverhuur! Ons kamer het nie toiletpapier, seep, handdoeke ens. in gehad nie. Nadat ek voor die tyd gevra het ons boek voor die tyd in omdat ons na 'n troue gaan. Niemand vra om verskoning nie! Ek dink dit is swak! Smeer my stroop om die mond om te sê ons hoef nie te betaal vir die kind nie! 14-jarige kind saam met volwassenes in dieselfde kamer! Ek was ongemaklik om aan en uit te trek! Die konsertina badkamerdeur wat nie heeltemal toemaak nie het ook bygedra tot my frustrasie!

Netheid
3.0
Diens
2.0
Ligging
1.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
1.0

Lizelle V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
2.2
Des 2022

The guesthouse would be lovely if it was well maintained and had staff present. We were the only guests and it was quite desolate with no one at reception while we were there. I would not recommend this guesthouse for the following reasons: The bathroom lights by the mirror and bath did not work. The shower door is broken. The plugs in the bath and basin did not fit. We were a family of 4 and only one towel was provided. There was a very little bit of toilet paper on the toilet roll and no others were provided, so we had no toilet paper during the night on Friday. The kettle provided in the room did not work. The gate of the premises could not close and was thus left open all night. The front door of the guesthouse was left open all night with no one in sight, we had gone to close the door at 2 am in the morning when it was still left open. There were a few people drinking on the patio and though they turned their music softer they were still disturbing us by coming and going during the night. It appeared there were women who were also coming and going which did not make us feel very comfortable. There was no one at reception the whole time we were there. The breakfast was very disappointing, there was only one plate put out and the food did not look appealing at all, we thus did not stay for breakfast. We asked Master on Friday when checking in if we could have breakfast in the morning and he said that would be fine, but they did not seem prepared. Though the guesthouse can not be held responsible for this, it is worth mentioning as we could not fall asleep until after 3:30 am on Saturday morning. The neighbours were playing music and shouting very loudly, right by our window until 03:30 am. When we wanted to check out, there was only a cleaning lady around, she phoned Master who was off, to tell him we were checking out and that we had complaints and he apparently said to provide the complaints to the website. It is disappointing that the website enlists a guesthouse like this. I do not plan to book through the webiste again as a result.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
3.0
Diens
1.0
Ligging
4.0
Veiligheid
1.0
Waarde vir geld
2.0

Jarcues S
1 nag Gesin met klein kinders
1.8
Jan 2022

Warm. Die aircorn werk nie in die kamer waar ons geslaap het nie en nadat ons gevra het om dit reg te maak het hulle net in waaier ingesit en dit was warm. Daar was ook gesê ontbyt was in gesluit wat nie so was nie.

Netheid
5.0
Diens
1.0
Ligging
1.0
Veiligheid
1.0
Waarde vir geld
1.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

3.5/5

Cees Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 148

Op LekkeSlaap 13 jaar

Vanaf
Vanaf R700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R700
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 29 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Horridus Place 10, Pretoria, 0159, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDUyYzQwY2I4LWQzZmItNGI3ZS1iNjJiLWE5ZGMyN2NhODQ1OA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag, vir 2 mense 79 5 1 4 10 Horridus Place Pretoria 0159 Gauteng 021 201 8901 14:00-18:00 11:00 -25.690663375344 28.265979588032

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang