Throne Manor
Kry 50% af vir verblyf wat 6 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 27 Jun 2024 tot 30 Nov 2024.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Umkobi-rylaan 12, Umkobi-kompleks, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Throne Manor is 'n pragtige selfsorghuis in 'n veilige kompleks in Southbroom. Die huis is op die Umkobi-strandmeer se oewer geleë en bied 'n asemrowende uitsig oor die see en die rivier.
Die dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer op die boonste verdieping het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die tweede en derde slaapkamer is albei op die eerste verdieping en het elk 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Linne en handdoeke word voorsien.
Daar is 'n ruim kombuis, sitarea en eetarea op die eerste verdieping. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, koffiemasjien, skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6 en die sitarea het lugversorging, gemaklike rusbanke en 'n slim-TV. Dit lei na 'n balkon met gasbraaigeriewe, 'n etenstafel en 'n asemrowende see-uitsig. Gaste het ook toegang tot gratis WiFi en onderdakparkeerplek.
Die kompleks spog met 'n gemeenskaplike swembad. In die geval van kragonderbrekings of watertekorte is die huis ook met 'n watertenk en 'n omsetter met 'n batterystelsel toegerus.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
Vermaak
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Top Destinations Geverifieer
Eiendomme 99
Resensies 418
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Umkobi-rylaan 12, Umkobi-kompleks, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Southbroom Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Umkobi-rylaan 12, Umkobi-kompleks, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang