Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Thwane Bush Camp

Tentekamp
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 55 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Steenkampsberg Plaas, Parys-distrik, 25 km vanaf Parys, 9585, Vrystaat
  • Vanaf R395 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Thwane Bush Camp bied gerieflike, bekostigbare verblyf in 'n eksklusiewe tentkamp in die Vredefortkoepel Wêrelderfenisgebied. Dié boskamp is op 'n plaas en daar is verskeie wildspesies, soos blouwildebeeste, blesbokke, rooihartebeeste, sebras en springbokke op dié plaas. Doendinge soos wildritte met jou eie voertuig, bergfietsry en voëlkyk is beskikbaar. Die plaas is ook die beginpunt van die gewilde Meteoriet-staproete en 'n 12 km gemerkte roete is ook beskikbaar.

Thwane Bush Camp bestaan uit 4 kampe. Die Rooikat, Wag 'n Bietjie en Kamp Nguni het elkeen en suite-badkamers met 'n stort, toilet en 'n wasbak, asook toegang tot 'n gemeenskaplike lapa, braaigeriewe en 'n kombuis wat ten volle toegerus is met 'n yskas-vrieskas. Die Voetslaan-kamp het 3 groot tente met slaapplek vir 24 gaste. Hierdie kamp het gemeenskaplike ablusiegeriewe. Daar is ook 'n suite weg van die hoofkamp in 'n privaat en rustige bosveld, ideaal vir 2 gaste.

Volledige spyseniering kan met vooraf reëling voorsien word aan groepe van 10 gaste of meer. 'n Swembad is tot gaste se beskikking en daguitstappies kan gereël word.

Thwane Bush Camp bied ook die eksklusiewe Donga-trou- en konferensievenue en Klipkapel op die plaas. Voorsiening kan vir sake-spanbousessies gemaak word.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 26 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
4.2
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.5
Veiligheid
4.7

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Linda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 26

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Steenkampsberg Plaas, Parys-distrik, 25 km vanaf Parys, 9585, Vrystaat
  • Gaste dink Thwane Bush Camp het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 395
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 395
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 55 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Steenkampsberg Plaas, Parys-distrik, 25 km vanaf Parys, 9585, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0798da99c23a4f84bc2a1d9c5243f80bcc82cc0794cfe2e721f7d1dffa6431ebfe95cf2a5d35c19d989df5f1826b5f2b8dd5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R395 per nag (plek vir 2) 26 5 1 5 Farm Steenkampsberg Parys District 9585 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.920788814729 27.294837926918

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang