Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Tibani Nature Reserve

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oubergpas, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 195 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Tibani Nature Reserve is die ideale oornagstop vir natuurliefhebbers en is 15 km vanaf Montagu. Dit bied 'n rustieke ervaring vir 'n klein gesin of groep vriende.

Gaste kan in Botterboomhuisie bly wat vernoem is na die plaaslike botterbome. Hierdie dubbelverdiepinghuisie beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuisie en 12 V-krag om 'n selfoon of skootrekenaar te laai. Die solderkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste deel die gebruik van 'n badkamer met 'n stort.

Die kombuisie is met 'n tweeplaat-gasstoof, 'n gas-yskas-vrieskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en maaltye kan by die toonbank geniet word. Gaste kan in die sitarea voor die knus kaggel ontspan. Die huis lei na 'n dek met 'n ingeboude braai, 'n sonverhitte plonspoel en 'n uitsig oor die omgewing. Gaste het ook toegang tot 'n houtvuurwarmbad, en daar is kampeerplekke op die perseel.

Veilige parkeerplek is beskikbaar en daar is 'n plaasdam waarin gaste kan afkoel.

Gaste kan die reservaat te voet of met 'n bergfiets verken, of die 4x4-roete tot bo-op die berg volg en die uitstekende uitsig bewonder.

Kenmerke

Afrikaans
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 34 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Rinus M
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was wonderlik! Ons het vreeslik lekker gebly! Die huisie is weggesteek tussen die berge met die mooiste wild op die plaas. Daar is lekker, growwe ...
Sien meer
Aug 2024
Annelise S
Gesin met tieners
5.0
Heerlik gerus - kos vir ons siele. Baie dankie vir 'n heerlike naweek op Tibani Nature Reserve. Alles was perfek - die ligging, die mooi uitsig op die...
Sien meer
Jul 2024
Noah E
Saam met lewensmaat
5.0
Magical secluded cabin in a beautiful landscape. A beautiful spot, you truly feel like you have the whole reserve to yourself. Great va...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2024
Sebastiaan J
Saam met lewensmaat
5.0
Die kamp is great, sal beslis weer daar wil gaan uitspan. Beslis. Sal weer in die toekoms soontoe gaan.
Mei 2024
Erna C
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was 'n heerlike wegbreek van alles en sal beslis weer gaan. Dit was 'n heerlike paar dae.
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Sanet Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 34

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Oubergpas, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Gaste dink Tibani Nature Reserve het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kaapse Roete 62 Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R1 195
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 195
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oubergpas, Montagu, 6720, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA34c9c59e9ba6e2e371816702c1b5409af2d13c82a56a600c524498157ad7f256844f9e65aa0df3884549b8c5c6a81bd2fe53?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 195 per nag, vir 2 mense 34 5 1 5 Ouberg Pass Montagu 6720 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -33.7529722837 20.257619915723

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang