Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Tibani Nature Reserve

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oubergpas, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 195 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Tibani Nature Reserve is die ideale oornagstop vir natuurliefhebbers en is 15 km vanaf Montagu. Dit bied 'n rustieke ervaring vir 'n klein gesin of groep vriende.

Gaste kan in Botterboomhuisie bly wat vernoem is na die plaaslike botterbome. Hierdie dubbelverdiepinghuisie beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuisie en 12 V-krag om 'n selfoon of skootrekenaar te laai. Die solderkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste deel die gebruik van 'n badkamer met 'n stort.

Die kombuisie is met 'n tweeplaat-gasstoof, 'n gas-yskas-vrieskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en maaltye kan by die toonbank geniet word. Gaste kan in die sitarea voor die knus kaggel ontspan. Die huis lei na 'n dek met 'n ingeboude braai, 'n sonverhitte plonspoel en 'n uitsig oor die omgewing. Gaste het ook toegang tot 'n houtvuurwarmbad, en daar is kampeerplekke op die perseel.

Veilige parkeerplek is beskikbaar en daar is 'n plaasdam waarin gaste kan afkoel.

Gaste kan die reservaat te voet of met 'n bergfiets verken, of die 4x4-roete tot bo-op die berg volg en die uitstekende uitsig bewonder.

Kenmerke

Afrikaans
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 34 resensies vir Tibani Nature Reserve
Netheid
4.8/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Sanet Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 34

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Oubergpas, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Gaste dink Tibani Nature Reserve het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kaapse Roete 62 Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R1 195
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 195
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oubergpas, Montagu, 6720, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA34c9c59e9ba6e2e371816702c1b5409af2d13c82a56a600c524498157ad7f256844f9e65aa0df3884549b8c5c6a81bd2fe53?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 195 per nag, vir 2 mense 34 5 1 5 Ouberg Pass Montagu 6720 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -33.7529722837 20.257619915723

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang