Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Tidewaters End

Selfsorg
  • Kapasiteit: 3 persone
    2 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tidewaters-rylaan 42, Gonubie, 5257, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 290 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Tidewaters End is 'n ruim selfsorgwoonstel wat op die eienaar se eiendom op die oewer van die Gonubierivier geleë is. Dit bied aan gaste die geleentheid om rustige staptogte langs die rivier te neem en die ontelbare wonders van die natuur te geniet.

Dié woonstel op die eerste verdieping bied slaapplek aan 2 volwassenes en 1 kind en beskik oor 'n koningingrootte-bed en oorgenoeg kasruimte vir gaste se bagasie. Daar is 'n stort, wasbak en 'n toilet in die badkamer. Alle linne, badhanddoeke en -seep word voorsien.

Die oopplan-leefarea het 'n hoë plafon en 'n kombuis wat met 'n tweeplaatstoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is, sowel as 'n etenstafel met sitplek vir 4. Die kombuis lei na 'n knus sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met Netflix en die volle DStv-pakket. Komplimentêre WiFi is beskikbaar. Daar is 'n enkelslaapbank in die leefarea wat vir 'n kind geskik is.

Die skuifdeur lei na 'n privaat balkon, wat die ideale plek is vir 'n skemerkelkie. Op winderige dae kan die golwe uit die Gonubie-mond gehoor word. Gaste het toegang tot braaigeriewe, veilige parkeerplek op die perseel en 'n kajak om die rivier te eksploreer.

Die eiendom is 2 minute se ry vanaf die Gonubie-strand en 'n kort afstand van lieflike restaurante en koffiewinkels.

Kamer-opset

Slaapplek vir 3 mense 1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Leefarea

1

1 x Kinderbank vir 1

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.0
Waarde vir geld
4.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Rene Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Tidewaters-rylaan 42, Gonubie, 5257, Oos-Kaap
  • Gaste dink Tidewaters End het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 290
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R 1 290
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 persone
    2 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tidewaters-rylaan 42, Gonubie, 5257, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe307f5bf1fd9e56b75dd8a7279968483d98b0af8a6abf6ea79090f69c5c198ab65714e6738f2970946c06d33005a0ca6cccc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 290 per nag (plek vir 3) 1 5 1 5 42 Tidewaters Drive Gonubie 5257 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.9317541 28.0082459

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang