Tidimalo Lodge
- Kapasiteit: 18 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Af van die R24, Naauwpoort, Magaliesburg, 1739, Gauteng
- Vanaf R3 960 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Tidimalo Lodge is in die hartjie van die Magaliesburgberge geleë en is 'n unieke, familiebestuurde boslodge en konferensiefasiliteit wat 'n onvergeetlike Afrika-boservaring bied. Dit is die ideale opsie vir óf 'n romantiese wegbreek óf alleenreisigers wat op soek is na 'n bietjie vrede en rustigheid weg van die stad se gewoel.
Gaste kan tussen 9 chalets wat elk slaapplek aan 2 gaste bied, kies. Elkeen het 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. 'n Addisionele 2 enkelbeddens kan op versoek vir kinders gereël word. Elkeen het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Verder het elke chalet ook 'n koffiestasie en 'n stoep met buitesitplek.
Die hooflodge het 'n randvloeiswembad. Daar is ook 'n swembadkroeg en 'n boma met 'n sentrale vuurput waar gaste saans kan kuier. Daar is ook 'n ruim eetarea waar gaste hul ontbyt wat ingesluit is en aandete kan geniet. Middagete en skemerkelkies kan op versoek teen 'n ekstra koste bestel word. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Die lodge het ook 'n onderdak-lapa met 'n kroeg waar gaste kan ontspan terwyl hulle sport op die TV kyk. Daar is ook 'n pooltafel en tafelsokker. Besienswaardighede sluit bergfietsry, voetslaan, voëlkyk, vlugbal, roetedraf, veldry en The Black Eagle Valley in waar gaste arende kan sien.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Af van die R24, Naauwpoort, Magaliesburg, 1739, Gauteng
- Kapasiteit: 18 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Af van die R24, Naauwpoort, Magaliesburg, 1739, Gauteng